TV Plus (Afrikaans)

Baas op ’n missie

DCI Banks fokus op een skurk in die finale seisoen.

-

DCI Banks Seisoen 5 Vrydae BBC First (*119) 21:00 (begin 24 Februarie)

Dis tyd vir aksie wanneer die speurhoof Alan Banks (Stephen Tompkinson) vir die finale seisoen van die Britse polisieree­ks DCI Banks (2010-2016) terugkeer. “Dis donker en intens,” vertel Stephen, wat in 2010 die rol gekry het van die skrywer Peter Robinson se karakter in sy DCI Banksboeke (1987-nou). “Banks is sonder fieterjasi­es. Hy is doodgewoon, maar dis juis wat hom uitsonderl­ik maak,” voeg die 51-jarige Stephen by. Wat kan fans van die seisoen van ses episodes verwag?

UITGEREKTE DRAMA

Wanneer sake in vorige seisoene opgelos is, is nooit weer daarna verwys nie. In seisoen 5 werk Banks en sy Yorkshire-polisieman­ne aan drie individuel­e sake (elk oor 2 episodes) sowel as ’n groter geheim wat oor al 6 episodes strek. “Banks probeer al lank om die skelm Steve Richards (Shaun Dooley) agter tralies te kry ná ’n jurie hom onskuldig bevind het aan ’n dubbele moord,” sê Stephen. “Banks wens hy kan sy instink volg. Hy weet Steve is skuldig en hoort in die tronk. Hy is dikwels reg maar wanneer hy nie is nie, is sy briljante span daar om hom op die regte spoor te hou.”

SAKE VIR DIE SLIMKOPPPE

Episodes 1 & 2 (3 Maart): ’n Dooie dwelmhande­laar word verbind met ’n geldvoorsk­ieter wat Banks vermoed vir die “eerlike” eiendomson­twikkelaar Steve Richards werk.

Episodes 3 & 4 (10 & 17 Maart): ’n Chinese immigrant word vermoor en die polisie vermoed die moordenaar is ’n vriend.

Episodes 5 & 6 (24 & 31 Maart): Banks is buite homself wanneer sy kollega Annie (Andrea Lowe) vermoor word en die hoofverdag­te ’n alibi het. Banks word aan die saak onttrek en begin met sy eie ondersoek na Steve, wat hy glo agter die moord sit.

FANS IS VIES

DCI Banks het meer as 6 miljoen kykersvir die eerste sowel as laaste episode gelok, maar ITV het die reeks gekanselle­er. “Natuurlik was ons ongelukkig, maar sulke dinge gebeur,” sê Stephen. “Ons het getrou aan Peter se boeke probeer bly en ek sal Banks mis.”

 ??  ?? Speurhoof Banks handel onafgehand­elde sake af in die finale seisoen.
Speurhoof Banks handel onafgehand­elde sake af in die finale seisoen.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa