TV Plus (Afrikaans)

As die SATC-vier vandag moes date

Sex & The City is terug op ons skerms, maar hoe sou die komedie met 2017 se dating-toneel vergelyk?

-

Sex & The City Seisoen 1 Woensdae (vanaf 22 Februarie) M-Net Edge (*102) 21:00-22:25

Wanneer dit gaan om die spyker op die kop te slaan met oorspronkl­ike reekse het die skeppers van die 1990’s-komedie Sex & The City (1998-2004) dit reggekry. Die baanbreker­reeks gaan oor vier sterk en onafhankli­ke vroue wat vrede maak met hul loopbaan, sekslewe en al die modes wat vroeg in die 2000’s in New York City beskikbaar is. En al was daar ’n paar splinterre­ekse soos Lipstick Jungle (2008-2009), Girls (2012-nou) en Younger (2015-nou), het hulle almal tekort geskiet. Sex & The City (SATC) word ’n tweede keer uitgesaai op M-Net Edge (in vier episode lange binge- gleuwe), maar is dit vandag nog so relevant as wat dit destyds was? Jy moet dit glo, “al het die tye ver- ander”, lag die reeksster Sarah Jessica Parker, wat die koerantrub­riekskrywe­r Carrie Bradshaw gespeel het. Om uit te vind net hoe verskillen­d 2017 is van 1998, toe die reeks bekendgest­el is, is hier ’n voorstelli­ng oor hoe die vroue se lewe vandag sou wees . . .

WERKENDE VROUE

1 Die kunshandel­aar Charlotte (Kristin Davis) moet haar droom van ’n eie kunsgalery in die reeks laat vaar weens haar duur egskeiding. Spring na 2017 en haar kunstentoo­nstellings sou globale geleenthed­e wees danksy sosialemed­iaplatform­s soos Deviant Art And Etsy, en die idee-uitruilpla­tform Pintrest.

2 Om ’n koerantrub­riek te skryf is ’n droomwerk vir Carrie, tesame met die droomsalar­is om vir haar deftige Manolo Blahnik-skoene (vanaf $900 – R12 500) te betaal. Maar in 2017 sou Carrie hardekopie-koerante vir nuuswebwer­we verruil het en haar rubriek in ’n winsgewend­e blog verander het, tesame met ’n Lookbook-rekening waar Carrie foto’s van haar uitrusting­s, skoene en bykomstigh­ede plaas.

3 Om in die skakelwese te wees beteken om die hartklop te voel vir Samantha (Kim Cattrall). Maar waar dit in 1998 maklik was, is 2017 ’n heeltemal ander monster en sy sal ’n sosialemed­ia-beïnvloede­r moet wees met rekenings op onder meer Twitter, Instagram, Snapchat en YouTube.

4 Wat die werkslaaf-prokureur Miranda (Cynthia Nixon) betref, het nie veel in die regsbedryf verander nie, maar om werk en verwysings in 2017 te kry sou makliker wees met profession­ele webwerwe soos LinkedIn en Google+.

BELANG VAN LIEFDE

Destyds was dit ’n missie vir die SATCvroue om die regte man te vind, en hulle het gehoop om romanse te vind in klubs, kroeë en partytjies. Vandag is dit makliker om ’n date te kry danksy aanlyn dating-webwerwe soos Match. com, Eharmony en OkCupid. Samantha, wat haar nie daaraan steur om iemand se detail na te speur nie, sou dalk die beperkings­vrye hook-up apps Tinder en Bumble verkies.

GEEN DRAMATIESE POUSE

Om te weet wat hul ekse se doen en late is, sou soveel makliker wees vir Carrie & kie as hulle die sosialenet­werkwebwer­we soos Facebook en Twitter gehad het. Die nuuskierig­e Carrie sou van die begin af van haar liedesbela­ngstelling Mr. Big (Chris Noth) se egskeiding en Aidan (John Corbett) wat pa geword het, kon uitvind. Ook, hoekom wag om by ’n landlyn te kom om jou vriendinne van groot nuus te vertel as Whatsapp, Skype en FaceTime alles op jou selfoon is? Selfs ’n aand uit sou makliker wees – ’n foonboek is onnodig wanneer jy jou apps kan gebruik om ’n Ubertaxi te ontbied en met Zomato ’n plek vind om te eet.

 ??  ?? Herleef die 1990’s met Sex & The City.
Herleef die 1990’s met Sex & The City.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa