TV Plus (Afrikaans)

Vlieënde Finn

Die stoeier met die kwaai grimering, Finn Bálor, is oorgehaal om terug te neem wat syne is: die WWE Universal Champion-titel.

-

WWE Pay-Per-View Special: Eliminatio­n Chamber Sondag 19 Februarie e.tv (*194) 10:15

“Dis my eerste tydjie af in sowat 10 jaar,” lag die 35-jarige Fergal Devitt. Wie? O ja – hy is beter bekend aan WWE-aanhangers as “The Demon King” Finn Bálor. Finn het sy tendon geskeur en sy skouer ontwrig in sy SummerSlam-geveg in Augustus 2016 teen Seth Rollins, maar volgens gerugte gaan hy terug in die kryt wees nog voor sy 2017-teiken van WrestleMan­ia 33 in April!

SUURSTOFKR­AG

“Die oomblik toe ek seerkry, het ek geweet dis ernstig,” het Finn in Augustus 2016 op sy Twitter-rekening @FinnBalor gesê. Daarby moes hy die WWE Universal Championsh­ip-titel wat hy pas verower het prysgee, en Finn sê dit het hom op moedverloo­r se vlakte gehad. “Ek het myself baie jammer gekry, maar eintlik was dit ’n bedekte seën – ek het tyd gehad om na te dink, te bepaal waar ek was en beter as ooit tevore terug te kom.”

Die gewone hersteltyd vir ’n besering van hierdie aard is ’n jaar, maar Finn se rehabilita­sie is deur WWE-afrigters by die prestasies­entrum in Florida aangehelp. Hy het ook ekstra suurstof in sy liggaam laat pomp om vinniger te herstel, en danksy sy fiksheid en goeie vorm kon hy middel November 2016 weer voluit begin oefen.

WERKVAKANS­IE

Finn is ’n werkslaaf, en selfs ’n vakansiebe­soek aan sy vaderland Ierland in Desember verlede jaar was vol WWE-werk. “Dis moeilik – ek was nog nooit so lank uit die kryt nie en ek brand om terug te wees,” sê hy. Hy was deel van die WWE se Verenigde Koninkrykt­oer en het pret gehad met ’n stoeledans – hy het Shawn (The Heartbreak Kid) Michaels se krytdans uitgevoer, maar verloor.

Finn het ook waarskuwin­gs aan sy teenstande­rs getwiet – een is ’n grappige foto oor die terugneem van sy titel (sien hieronder), en ander was meer direk: “Alle mans, vroue en DEMONS is welkom om by #RoyalRumbl­e aan te sluit.”

Hoewel Finn nog nie reg was vir die Royal Rumble laat in Januarie nie, is die boodskap duidelik – die yster gaan spoedig terug wees in die kryt!

 ??  ?? Finn Bálor is al sedert middel 2016 buite aksie, maar dit gaan spoedig verander. Venom het Finn se grimering geïnspiree­r. Finn se persona is ’n mengsel van die popkultuur en mitologie. Finn kom van die Ierse kryger Fionn MacCumhail en Balor was ’ n...
Finn Bálor is al sedert middel 2016 buite aksie, maar dit gaan spoedig verander. Venom het Finn se grimering geïnspiree­r. Finn se persona is ’n mengsel van die popkultuur en mitologie. Finn kom van die Ierse kryger Fionn MacCumhail en Balor was ’ n...
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa