TV Plus (Afrikaans)

Emerald City

-

Seisoen 1 Di. Vuzu AMP (*103) 21:30 Herhaling Wo. Vuzu AMP 23:00 Sci-fi

The Wonderful Wizard Of Oz was ’n geliefde kinderboek in 1900. Maar sy TV-hervoorste­lling Emerald City (2016nou) is nie! Dis donker en verwronge en ’n kombinasie van L. Frank Baum se verskeie Oz-romans. Ja, daar is gunsteling­karakters soos Dorothy, Scarecrow en Toto die hond, maar hulle verskil baie van hoe ons hulle ken. Dorothy is ’n volwasse polisievro­u, Scarecrow is ’n menslike misdadiger wat aan ’n kruis vasgemaak was en Toto is nie die hond se naam nie – “Toto” is die nou barbaarse Munchkin-woord vir hond. En hy is ’n Duitse herdershon­d!

Dis ’n mengsel van goed en kwaad, volgens die kritici. “Dit het moed, maar dit kort hart en rigting,” sê TVline.com, met verwysing na beroemde Oz-karakters soos The Lion, Tin Woodman en Scarecrow. En omdat dit ’n mengsel is van minder bekende Oz-boeke is daar baie stof wat vreemd is en dit kan verwarrend wees, met te veel agtergrond­stories wat nie bekend genoeg is nie. Fans aanlyn het dit “’n geswoeg om te kyk” genoem en gevra: “Waar is die pret? The Wizard Of Oz moet tog pret wees om na te kyk?”

Maar al mis die storielyn sy doel by sommige kykers is daar baie pluspunte. “Dis ontsaglik pragtig,” sê die regisseur Tarsem Singh – en om ’n goeie rede. Hy het dit oor die wêreld verfilm en sommige plekke sal bekend lyk vir die fans van die fantasiere­eks Game Of Thrones (2011-nou). Tarsem het ook seker gemaak sy karakters lyk goed danksy die kostuumont­werper Trisha Biggar, bekend vir haar werk aan die drie Star Wars-voorflieks (1999-2005).

Dis gewis vir aanhangers van die donker fantasiere­eks Supernatur­al (2005-nou), maar as Dorothy se rooi handskoene pleks van robynrooi skoentjies nie reg voel nie, miskien nie . . .

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa