TV Plus (Afrikaans)

Jane The Virgin

-

Seisoen 3 Vuzu AMP (*114) 20:30 Komedie

Vuzu AMP het seisoen 3 van die dramedie Jane The Virgin (2014-nou) by hul skedule op 11 Februarie gevoeg en ons begin waar seisoen 2 in Augustus 2016 geëindig het. Janee n haar polisiebea­mpte man, Michael( G i na Rodriguez en Brett Dier), het gewag voordat hulle seks sou hê, maar Michael is geskiet en was in ’n koma. “Wie weet wat met hul huwelik gaan gebeur,” terg Gina. Seisoen 3 gaan dit hopelik beantwoord, saam met die emosionele voor- en teëspoed waarvan almal so hou. “Ons gaan die karakters se reis na selfontdek­king verken. Dit het ’n paar hartlike tonele en dis emosioneel,” voeg Gina by. Hier is ’n voorskou van wat kom.

1 Michael lewe, maar kan nie langer ’n polisieman wees nie. Nadat hy sy fisieke eksamen by die werk gedruip het, soek hy nuwe werk. 2 Die pa van Jane se baba, die hoteleiena­ar Raphael (Justin Baldoni) vind uit sy lewe is ’n leuen. Sy superryk familie het hom as baba aangeneem en hy gaan soek sy biologiese ouers. 3 Yael Grobglas doen die seisoen dubbele diens. Sy speel Raphael se eksvrou, Petra, en Petra se identiese tweelingsu­s, Anezka. 4 Jane se ma, Xiomara (Andrea Navedo), open ’n dansatelje­e. Sy vind weer liefde in die arms van haar ekskêrel Bruce (Ricardo Chavira), wat Jane verkeerd opvryf, want hy het ’n affair met Xiomara gehad toe sy getroud was. 5 Jane se akteurpa, Rogelio (Jaime Camil), kry ’n matchmaker om oor sy egskeiding van Xiomara te kom. Hy wou weer ’n pa word, maar sy vrou het geweier en het vertrek, al terg Gina: “Daar bestaan ’n moontlikhe­id vir Jane om die kleinsus te kry wat sy altyd wou hê.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa