TV Plus (Afrikaans)

Ross Kemp: Extreme World

-

Seisoen 4 SABC3 (*193) 22:00 Dokkie Die bekroonde joernalis en akteur Ross Kemp (oudsoldaat Grant vanaf 1990 in die sepie Eastenders, 1985-nou) is nie bang om sy hande vuil te maak nie in sy ondersoeke­nde dokkiereek­s Extreme World (2011-nou). Die Brit waag sy lewe (en sy span s’n) om moordenaar­s, bendes, handelaars en dwelmsmous­e te ontmasker. “Dit is ’n berekende risiko,” sê hy. “En om eerlik te wees, in baie gevalle het ek nie besef in hoeveel gevaar ek was nie, want ek kan nie die taal praat nie.”

Die een taal wat Ross vlot kan praat is dié van geregtighe­id. Hy wil weet “hoekom hulle doen wat hulle doen” – en dis deel van die Extreme World wat kykers voor die TV vasgenael hou. Ross onthul nie net ongeregtig­hede nie, hy kry perspektie­f op die saak en gee elkeen ’n stem, ook die slegte ouens. Die 52-jarige voeg by hy is nie bang om onderwerpe te pak waarvan nuusskrywe­rs dikwels wegskram nie, en sê: “Iemand moet die storie vertel. Daar is mense wat hul lewe waag vir veel minder geld as wat ek dit doen.”

Ross se waagjoerna­listiek-styl plaas gehore in die middel van die aksie wat ons gewoonlik tot elke prys vermy. Al doen hy sedert 2004 verslag, is Ross die eerste wat erken hy leer nog. In 2006 het hy SA tronkbende­s ondersoek vir seisoen 2 van sy Gangs-dokkiereek­s (2004-2009) en sê “die kompleksit­eit is iets wat ek nooit tevore gesien het nie. Die manier waarop hulle kommunikee­r en alles strukturee­r is duiselingw­ekkend.” Toe, in 2007, is hy en sy span in ’n hinderlaag gelei saam met Britse troepe wat teen die Taliban in Afganistan geveg het. Hy sê: “Die koeëls het deur die lug geklief. Die skietery het agt minute geduur, maar dit het soos ure gevoel.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa