TV Plus (Afrikaans)

Getroud Met Rugby

Weekdae kykNET (*144) 18:30 Sepie

-

As daar ’n vrou vol passie is met ’n voorliefde vir pienk blinkertji­es, is dit die gewese hoof van die pompondans­ers en huidige skoonheids­kundige Maryke (Marijke van der Westhuizen). Eers was sy net gefokus daarop om haar troue met Fafa (Altus Theart), hulpafrigt­er van die Strydersru­gbyspan, te beplan, maar nou is daar ’n nuwe avontuur op die horison. Marijke vertel meer:

Watter voorstel maak Fafa op Woensdag 15 Februarie aan Maryke?

Fafa stel aan Maryke voor sy begin haar eie salon en word meer onafhankli­k. Aanvanklik is Maryke huiwerig, want sy wil nie haar werkgewer, Bibi (Stephanie Baartman), in die rug steek of haar kompetisie wees nie. Maar sy besef dit sal goed wees om iets vir haarself te bou.

Gaan Bibi ontsteld wees wanneer sy op Vrydag 17 Februarie van Maryke se plan hoor?

Bibi is ongelukkig, want sy wil Maryke nie verloor nie. Maryke is ’n groot aanwins vir die besigheid en trek baie kliënte na Bibi se salon, veral bekendes soos die sangeres Sulet van Rynsveld (’n fiktiewe karakter). As Maryke haar eie besigheid wil begin, sal dit in regstreeks­e mededingin­g met Bibi wees, en Bibi is bang hul vriendskap sal daaronder ly.

Gaan dinge tussen Bibi en Maryke versuur?

Maryke het haar besluit geneem, haar kop gevolg en haar eie besigheid begin. Dit het sy uitdagings en is nie wat sy verwag het nie. Sy is onseker oor haar besluit en besef dinge tussen haar en Bibi gaan na dese nie weer dieselfde wees nie. Sy het van haar kliënte saam met haar geneem, wat nie goed is vir Bibi se salon nie. Maar Bibi kry ’n idee (op Donderdag 23 Februarie) en glo Maryke sal dit aangryp – iets wat dalk hul vriendskap en die salon sal red.

• Lees meer op ble. 12,13 & 57.

 ??  ?? Maryke (regs) werk in Bibi (inks) se salon, maar wil haar eie begin.
Maryke (regs) werk in Bibi (inks) se salon, maar wil haar eie begin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa