TV Plus (Afrikaans)

The Ellen DeGeneres Show

-

Seisoen 14 M-Net-dek. 16:00 & M-Net-sat. (*101) 17:00 Geselsprog­ram

Die komediant Ellen DeGeneres het ’n revolusie begin met The Ellen DeGeneres Show (2003-nou). Sy’s parmantig, vol kwinkslae en kry A-lys- celebs in die ateljee. Die program was so ’n treffer dat ander skerpskert­sers ook hul eie kletsprogr­amme gekry het, soos Jimmy Fallon (The Tonight Show, 2014-nou) en Trevor Noah (The Daily Show, 1996-nou; Trevor is sedert 2015 die aanbieder). Maar wat maak van komediante sulke suksesvoll­e geselsprog­ramaanbied­ers?

1 Bly ingelig Skerpskert­sers moet op die hoogte wees van aktuele sake, die popkultuur, die sakewêreld en politiek. Dit gee hulle skietgoed, maak nie saak wat die onderwerp is of wie kyk nie. Sit ’n humoristie­se kinkel by en die aanbieder kan ure lank aangaan.

2 Dink op jou voete Die aanbieder moet die snaakse kant van enigiets kan insien wat hul gaste sê of doen, maar dis nie net vir lagbuie nie – soms moet dit onverwagte dramas red. Barbra Streisand het Ellen in 2005 besoek, maar haar rare verskyning was stokkerig. Ellen het grappe gebruik om Barbra om haar gemak te stel en hulle het gou-gou soos twee henne gekloek.

Voorbereid­ing is alles Skerpskert­sers 3 doen hul huiswerk en weet goed oor hul gaste wat niemand anders weet nie. Dis hoekom hulle die beste onderhoude kry, deur mense uit te vang. Of deur hulle skrik te maak . . . soos Ellen. Sy het ’n celeb-skrikmaak-truuk – in 2016 het Ellen in die toilet agter die verhoog weggekruip en uitgesprin­g om die sangeres Taylor Swift skrik te maak, wat skreeuend op die vloer geval het.

Komkommerk­oel Met grappe vertel 4 is tydsbereke­ning alles – dink aan die druk om ’n ateljeegeh­oor voor jou te hê. Komediante weet net hoe.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa