TV Plus (Afrikaans)

The Son I Never Knew

-

Weekdae Telemundo (*118) 17:10 Telenovell­e

The Son I Never Knew (2011) het in Januarie 2017 in Suid-Afrika begin met die universite­itstudent Ignacio wat dood aan die voet van ’n krans aangetref word. Die polisieman Antonio Avelica (Mario Cimarro) is betrokke by die ondersoek en het gou besef dis nie selfmoord soos aanvanklik gedink is nie. Ons het die 45-jarige Mario in Mexiko gebel om meer oor sy karakter te hoor en hoe hy vir die rol voorberei het.

Vertel ons van Antonio. Hy is een van die die hoofkarakt­ers. Antonio is ’n sarkasties­e maar deernisvol­le polisiebea­mpte en hy help die misdaadpro­kureur Santiago en sy vrou, Clara (Rubén Zamora en Gabriela de la Garza), om uit te vind wat met hul seun Ignacio gebeur het.

Antonio en Clara ken mekaar . . . My karakter werk saam met Clara maar hulle het nie ’n sterk band nie, veral omdat Clara Antonio nie vertrou nie. Sy’s ook baie emosioneel, terwyl hy op die logika ingestel is. En Clara lei ’n bevoorregt­e lewe en sluit haar oë vir mense wat deel van die werkmag is. Hoe het jy jou op die rol van ’n polisieman voorberei? Ek het navorsing gedoen en moes die metodes en etiek van die polisiemag leer ken. Ek het ’n paar weke by die LA-polisiedie­ns deurgebrin­g, asook by ’n afgetrede speurder. Ek moes leer hoe om met ’n vuurwapen te skiet, ’n polisiekar te bestuur en misdadiger­s agterna te sit. Hoe was dit om saam met regte polisieman­ne te werk? As ’n kunstenaar help dit jou om die karakter wat jy vertolk, beter te verstaan. Daar was nie fisieke uitdagings nie, maar ek het geleer hoe belangrik samewerkin­g is, watter rol die sosiale media speel om mense veilig te hou, en hoe om kinders van die verkeerde kant van die spoor te hanteer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa