TV Plus (Afrikaans)

VeranderDi­nge

Seisoen 3 kykNET (*144) 18:30 Leefstyl

-

Die veteraan-joernalis en aanbieder Ruda Landman sê daar’s verskeie redes waarom mense op die een of ander stadium in hul lewe ’n kopskuif moet maak. “Die lewe verander, of jy wil of nie, en die enigste manier om nie paniekerig of permanent kwaad te wees nie, is om self te verander,” sê sy.

Hoe belangrik is veranderin­g as ’n mens ouer word? Ek is nou anderkant 60. Ek ken mense wat hul wêreld ál kleiner maak omdat hulle niks nuuts wil aanpak of dink, praat of lees nie. Dit maak my bang. Gelukkig ken ek ook ouer mense wat geestelik net so soepel is as wat hulle tevore was. Dit lyk vir my na ’n aantreklik­er manier om ouer te word.

Watter onderhoud die seisoen het jou die meeste geïnspiree­r? Die aanbieder Katlego Maboe (Expresso, SABC3 2010nou, in episode 2) het my laat glo in ons toekoms. Met mense soos Katlego kan jy oorlog toe gaan. Esmaré Weideman, hoof- uitvoerend­e beampte van Media24 (episode 3), is ’n wit Afrikaanse vrou wat ’n swart tydskrif soos Drum laat blom het omdat sy wyer dink as die omgewing waaruit sy kom. Die Grammy-bekroonde fluitspele­r Wouter Kellerman (episode 5) gee meer betekenis aan die idee van vasbyt, geniet dit en kom heel bo uit. Die akteur John Kani (A Dry White Season, 1989, in episode 7) het my weer eens laat besef hoe enorm en verstommen­d Suid-Afrika se politieke oorgang was en is. Blootstell­ing aan sulke mense is wat die joernalist­iek die moeite werd maak.

Is daar enigiets in jou lewe wat jy nog wil verander? Ek en my man, JP, het reeds die laaste paar jaar meer tyd begin afvat, gewoonlik om te reis. Dis heerlik. Meer tyd saam met vriende bly ’n ontwykende ideaal – Johannesbu­rg is ’n besige plek, vir ons en vir hulle!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa