TV Plus (Afrikaans)

SÊ JJOU SÊ

-

Kan Pippa in Binnelande­rs nie haar haarstyl verander nie? Sy lyk soos ’n skoolmeisi­e. – JANINE, SMS

Ek wil ’n voorstel maak. Laat die SABC ’n aparte kanaal net vir herhalings skep. Dan kan die res van ons dalk iets nuuts te sien kry wat hopelik die moeite werd is. – GRIETJIE, SMS

Kan die SABC vir ons ’n guns doen en 7de Laan kanselleer. Dis tog wat hulle wil hê, daarom het hulle die omnibus op Sondae, wat jare lank uitgesaai is, weggeneem. – FREDERICK, FACEBOOK

Wie se idee is dit om 7de Laan nou om 18:00 uit te saai? Dis dan dieselfde tyd as Suidooster en Bold & Beautiful. Hoekom skuif hulle 7de Laan nie na 20:00 nie? – CHRISSIE, E-POS

Dink kykNET regtig Reis Na Gister, Op Die Spel en Legendes van Afrikaanse Musiek is so goed dat hulle dit drie maal op een dag wys? KykNET onderskat sy kykers se intelligen­sie. – TOSSIE, MONTANA, SMS

Dit is uiters belaglik om Vetkoekpal­eis weer op SABC2 uit te saai. Besef die programske­duleerders nie die reeks kom uit Noag se ark nie? Van die akteursa wat daarin speel, is ala dood. – ANSA, SMS

Ek wil net sê Amor Vittone het in haar eerste sepierols uitstekend gespeelg as die kommin ZeldaZ van 7de Laan! – MARIANA, E-POS

Dankie tog die skreeuende Musiek Roulette is verby. Ek wonder of J Johan Stemmet dink mense is kinders deur altyd ’n spul narre op sy spesiale program te gebruik. Hulle is regtig nie snaaks nie. – HELEN, SMS

Getroud Met Rugby raak nou baie vervelig. Elke week gebeur dieselfde goed. Die storielyne word herhaal. En kan Reitz asseblief ophou om Sasha Lyfie te noem. – SUNITA, SMS

Ai tog, waar kry Hilda daai rokke wat sy dra? Sy lyk so verwaarloo­s en dan is haar hare boonop in die poniestert­styl. Sy het nog nooit anders gelyk nie. – SUSAN, E-POS

Hoekom trek hulle Louwna van Binnelande­rs en Hilda van 7de Laan deesdae so lelik aan? Hilda se klere is sulke regte outannie-rokkies. – RACHELE, SMS

Ek hoop die nuwe SABC-raadslede wat aangestel gaan word, saai Days Of Our Lives in ’n beter tydgleuf uit. – SONJA, FACEBOOK

Bobby En Karlien: In Jou Skoene: Dit lyk asof Karlien vir Bobby gebruik om die publiek sag te maak ná haar skandalige optrede deur vir Derick Hougaard te los. Karlien, dis een ding wat jy nooit ooit kan terugkry nie. Jy het ongelukkig klaar naam weggegooi. Hou maar op probeer! – AMF, FACEBOOK

Hoekom is daar dieselfde beoordelaa­rs op The Voice SA? Dit raak afgesaag. Veranderin­g is altyd goed. – LINDA KOEKEMOER, FACEBOOK

Geure Van Die Vallei op SABC2 is eintlik Cooking With Chris Smit (SAB3) in Engels. Ai, ek kan maar net my kop skud. – WARREN ADAMS, FACEBOOK

Kan Mariaan in 7de Laan togt net terugkom aarde toe.t Haar snobisties­e houding is regtig irriterend! Dink sy sy’s beter as ander? Nee, man! En die storie met Vince – Chris kon maar aangebied het dat hy by die kosemporiu­m werk in plaas daarvan om hom uit te skop en te verneder. Dis regtigr onregverdi­g! – YVETTE WILKEN, FACEBOOK

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa