TV Plus (Afrikaans)

Jaloesie steek kop uit

Die mans in Niki se lewe maak haar gek – en dis nie net haar minnaars nie.

-

Niki (Nolo Phiri), wat nie nonsies vat nie, het paniekbeva­nge geraak toe haar broer Bash (Siphiwe Mtshali) middel Februarie deur sy eksmeisie Nox (Thishiwe Ziqubu) na die moordenaar van haar man Dan (Phillip Molepo) laat lyk is. “Niki sal enigiets doen om hom uit die moeilikhei­d te kry,” sê Nolo. “Enigiets” het ingesluit om by haar gevaarlike eksman, Suffo (Mduduzi Mabaso), te gaan kruip op Donderdag 23 Februarie om die waarheid uit Nox te kry en Bash se naam in ere te herstel. Maar Niki se geheime kêrel Toolkit (Paul Maila), Suffo se gewese pel, het nie daarvan gehou nie.

DRIE IS EEN TE VEEL

Dit lyk of Niki van voor af op Suffo verlief raak op Woensdag 8 Maart. Sedert hul egskeiding in Oktober 2016, nadat Suffo uitgevind het sy het by sy broer Themba (Sphamandla Dhludhlu) geslaap, het sy nog altyd ’n sagte plekkie vir hom. Hoewel sy en Toolkit nou saam is, het Niki weens die situasie met Bash besef sy wil haar eksman terughê. Die guns wat sy van Suffo vra, kan gebruik word “om hom terug te wen”, verduideli­k Nolo. “Sy is selfs bereid om hom vir die aaklige egskeiding te vergewe waarvan sy nog nie herstel het nie.”

Maar haar gevoelens vir Suffo is nie die rede dat Niki vir Toolkit op Vrydag 10 Maart sê hulle moet afkoel nie. Sy weet sy kan geen afleidings bekostig terwyl sy Suffo vra om Bash van die polisie te red nie. “Dis nie maklik om met Toolkit uit te maak nie, maar sy moet, ter wille van Bash se veiligheid,” verduideli­k Nolo.

ONDERDRUKT­E VYANDIGHEI­D

Nolo sê haar karakter is geneig om veiliger keuses te maak wat hartsake – Suffo – betref, al is daar op Maandag 13 Maart nog ’n vonk tussen haar en Toolkit. Hulle sukkel om dinge tussen hulle profession­eel te hou by Zero11, die klub wat Niki bestuur.

Niki is verskeur tussen die twee mans. “Maar sy moet gou besluit,” sê Nolo, “want Suffo stuur sy regterhand, Speshil (Sayitsheni Mdaki), om Niki en Toolkit [op Dinsdag 14 Maart] dop te hou. Niki oortuig Speshil daar is niks tussen haar en Toolkit nie, maar hy hou nie van Niki nie en kan vir sy baas gaan jok en enige kans op versoening met Suffo in die wiele ry.”

VERLEDE KEER

Flavia het David se vyand adv. Maponya gebruik om uit die moeilikhei­d te kom, en Bash se eksmeisie Nox wou hom aan die pen laat ry vir die moord op haar man Dan.

1 – 3 MAART

Niki wil haar broer Bash uit die tronk hou, en Cuba se belangstel­ling in Kop is geen geheim nie. Reneilwe se musiekloop­baan is aan skerwe wanneer haar toer gekanselle­er word, Nox vra K2 om Bash se foon vir die polisie weg te steek, en Emmanuel probeer sy gebroke verhouding met sy tronkvoëlp­a, Gumede, herstel. Later stel Renei haar album tydens haar radio-onderhoud met die DJ Thandi Dlamini bekend.

6 – 10 MAART

Bash is bekommerd hy gaan tronk toe vir die moord op Dan, en Sabelo sê Gumede moet Emmanuel die waarheid oor sy gesondheid vertel. Puleng wil hê haar ma, Cuba, moet van Kop wegbly, want hy gaan te geheg aan haar raak, en Nox hoor haar plan het gewerk en Dan se versekerin­gspolis het uitbetaal. Renei help Niki om Bash se naam in ere te herstel, maar Bash stoot Renei weg.

13 – 14 MAART

Mampho stel voor haar pa, Jafta, probeer sy verhouding met sy vrou, Sis’ Bee, herstel, en Renei probeer haar musiekloop­baan red deur in te gee vir haar slu bestuurder, Kwela, se eise. Gumede verloor sy humeur met Emmanuel.

 ??  ?? Suffo (regs) vermoed Niki en Toolkit (links) steek iets weg.
Suffo (regs) vermoed Niki en Toolkit (links) steek iets weg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa