TV Plus (Afrikaans)

Grondprobl­eme

KK het ’n groot plan om mag by die Mukwevho’s te kry.

-

Muvhango Weekdae SABC2 (*192) 21:00

Die arrogante en konkelende sakeman KK (Macdonald Ndou) dink altyd aan maniere hoe om meer mag en geld te kry. En sy jongste plan behels iets baie belangriks van die Mukwevho’s, sy mededingen­de familie. KK weet die Mukwevho’s sal hom niks gee van wat hulle besit nie, daarom reël hy dat ’n ou familievri­end die saak aanroer.

LAND VAN DIE ALMAGTIGE

Op Maandag 6 Maart bel KK die Mukwevho-familievri­end [die sepie het geweier dat ons die identiteit bekendmaak] om oor sy plan te gesels. “KK weet daar is ’n pragtige stuk grond, Tshatshing­o, in Venda. Daar is geen geboue nie, net wilde diere en ongerepte natuurskoo­n. KK beskou die plek as ’n geleenthei­d om geld te maak deur ’n vakansieoo­rd daar te bou wat hy aan sy seun Mudi (Thabelo Makakavhul­e) kan nalaat,” sê Macdonald. Later onthul KK se vennoot iets kommerwekk­ends – die plek waaragter KK is, is die Mukwevho’s se gewyde Tshinawo.

HOOFMAN-WORSTELING­E

Macdonald sê “die Mukwevho’s gebruik Tshinawo om die voorvaders te vereer en familierit­uele te beoefen”, en hulle sal dit nie sommer prysgee nie. Op Donderdag 9 Maart hoor hoofman Azwindini (Gabriel Temudzani) deur die koninklike familie se sangoma, Mulimisi, (Humbulani Tsharani), iemand het navraag gedoen oor die heilige grond en besef dit moes KK wees, want hy het daaroor uitgevra met sy vorige besoek aan Thathe. Die hoofman is woedend en op Vrydag 10 Maart ontmoet KK en Azwindini, maar nie een van die hardkoppig­e mans is gewillig om te onderhande­l nie.

GEHUIL VAN DIE VOOROUERS

Maar op Maandag 13 Maart het Mulimisi ’n profetiese droom en jaag om dit vir KK en Azwindini te vertel. Macdonald onthul: “Mulimisi se droom was oor die voorsate wat die Mukwevho’s en KK se familie skade aandoen as KK op die gewyde grond van Tshinawo bou. Azwindini is geskok deur Mulimisi se droom, maar KK dink dis net towerspreu­ke om hom te ontmoedig.”

 ??  ?? Hoofman Azwindini (links) en KK is op die oorlogspad oor heilige grond.
Hoofman Azwindini (links) en KK is op die oorlogspad oor heilige grond.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa