TV Plus (Afrikaans)

Nou dwaal sy oë

Connie is onbewustel­ik verleideli­k: gaan Chris swig?

-

7de Laan Weekdae SABC2 (*192) 18:00

Soos Oubaas (Pierre van Pletzen) sou sê: hier kom ’n krisis van epidermies­e proporsies . . . Dis wanneer Hillside se skatryk sakeman Chris Welman (David Rees) op Donderdag 16 Maart die boetiekbes­tuurder Connie (Quinne Brown Huffman) in ’n ander lig begin sien.

DAAI HANGERTJIE

Nadat sy vrou, Mariaan (Deirdre Wolhuter), hom in November verlede jaar met sy beste vriend Frank (Albert Maritz) verneuk het, sou ’n mens reken Chris sal twee keer dink voor sy oë begin dwaal. Blykbaar nie . . .

Alles het begin toe Chris Connie op Dinsdag 14 Maart in die boetiek vra om vir hom ’n uitrusting te maak vir ’n troue waarheen hy en Mariaan genooi is. “Tydens hul gesprek val Connie se hangertjie en Chris trap per ongeluk daarop. Hy voel sleg daaroor en vervang dit, maar met ’n duur halssnoer [op Donderdag 16 Maart],” vertel Quinne.

Connie is verras deur die gebaar en Chris dring daarop aan om haar die halssnoer te help aansit. En wanneer Connie haar lang bruin lokke vashou en Chris ’n blik op haar slanke nek kry, word hy skielik week.

VREEMDE GEVOELENS

Chris probeer sy skielike gevoelens vir Connie aflag as onskuldig, maar wanneer hy op Vrydag 17 Maart in die arkade by Oppiekoffi­e sit en werk, kan hy homself nie keer nie en loer dan en wan vir Connie in die boetiek . . .

“Chris weet nie wat met hom aangaan nie,” vertel David. “Die gevoelens is vir hom vreemd en hy weet nie hoe om dit te hanteer nie.”

Connie weet van geen sout of water nie en het eintlik haar oog op die prokureur André (Marcus Muller), wat haar in haar skeisaak van haar Amerikaans­e man verteenwoo­rdig. “Connie wil die saak graag agter die rug kry en is verheug wanneer André haar later die dag [17 Maart] vertel dit sal binnekort afgehandel wees,” vertel Quinne. “En sy sukkel om haar aangetrokk­enheid tot hom weg te steek wanneer sy hom ’n stywe drukkie gee ná die blye nuus.”

NOG ’N STORM?

Ná die naweek, op Maandag 20 Maart, is Chris seker daarvan sy lawwe gevoelens vir Connie het die wyk geneem. Maar dan vertel Mariaan hom sy beplan om saam met Connie te gaan koffie drink . . . “Chris is ongemaklik en ys Connie gaan iets aan Mariaan verklap oor sy vreemde optrede teenoor haar,” sê David.

Ons hoop die Welman-huweliksbo­otjie kan nóg ’n storm trotseer.

 ??  ?? Connie het geen idee van Chris (inlas) se gevoelens nie. André is die man wat Connie se hart vinniger laat klop.
Connie het geen idee van Chris (inlas) se gevoelens nie. André is die man wat Connie se hart vinniger laat klop.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa