TV Plus (Afrikaans)

Betrap met ’n app

Dis nie vir Katie nodig om Bill en Brooke te volg nie – sy gebruik net haar selfoon en ’n vernuftige klein app.

-

The Bold And The Beautiful Weekdae SABC3 (*193) 18:00

Is jy bang jou suster wil jou man afvry? Moenie ’n private speurder bel om hulle oral heen te volg nie – dis nie die 1940’s nie. Haal net jou foon uit soos Katie Logan-Spencer (Heather Tom) op Donderdag 16 Maart doen om Brooke (Katherine Kelly Lang) te volg terwyl sy in werklikhei­d met Katie se man Bill (Don Diamont) rondsluip.

SY HET JOU NOMMER

Katie word nie juis paranoïes wanneer Bill vir haar op die Donderdag sê hy verlaat die kantoor op pad na ’n vergaderin­g nie – een wat sy bekwame sekretares­se Alison (Theodora Greece) nie in haar dagbeplann­er het nie. En op Vrydag 17 Maart sê ’n ontstoke Katie vir Bill se seun Wyatt (Darin Brooks) al hou sy pa altyd sy foon veilig toegesluit omdat hy van sy geheimpies hou, is haar suster baie meer, sal ons sê “los” met haar foon. En waar kan Brooke wees? Katie sê vir Wyatt: “Ek weet waar jou pa is. Hy’s by die huis. Saam met my suster.” En Katie kyk hoe Brooke saam met Bill by haar huis is, dan vra sy vir Wyatt: “Is daar ’n app wat my kan sê in watter vertrek hulle is?” Omdat die tegnologie ontbreek, spring Katie in ’n kar en jaag huis toe, waar sy by Bill en Brooke instap wat besig is met ’n hoogs geheime bespreking oor Katie se alkoholpro­bleme.

VERDEDIGIN­G SY VERWEER

Bill is dadelik op die verdedigin­g en hy beskuldig Katie daarvan dat sy by die agterdeur inglip sodat sy op hom kan spioeneer. Maar soos Katie hom daarop wys, is dit haar huis en sy kan enige deur gebruik wat sy wil. En w wanneer Bill vir haar sê hy sou nie sy skelmp pie na hul gesinshuis bring nie, stem Katie s saam, maar sy noem dat Brooke nie sulke besware sou hê nie. B Brooke moet pasop, w want Katie gaan Bill n nie op ’n skinkbord a aanbied nie. Is dit nie wonderlik hoe die tegnologie f families bymekaar bring nie?

 ??  ?? Staan opsy, Big Brother – nuuskierig­e Katie hou ’n ogie oor haar man en suster.
Staan opsy, Big Brother – nuuskierig­e Katie hou ’n ogie oor haar man en suster.
 ??  ?? Uitgevang – Bill en Brooke sal harder moet probeer.
Uitgevang – Bill en Brooke sal harder moet probeer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa