TV Plus (Afrikaans)

Ken Jy Jou Kos?

MalJan van Jacaranda FM word ’n TV-aanbieder met ’n prettige speletjies­program oor mense se koskennis.

- Ken Jy Jou Kos? Seisoen 1 Maandae VIA (*147) 18:00 (begin 27 Maart)

As MalJan vermaak hy luisteraar­s met sy waaghals-lawwighede op die radiostasi­e Jacaranda FM. En nou sien ons die 27-jarige Johan van der Merwe ook op die kassie as aanbieder van die splinternu­we speletjies­program Ken Jy Jou Kos? (2017-nou) op VIA.

WAT JY KAN VERWAG

“Dis ’n opskiet-speletjies­program,” verduideli­k Johan. “Ons reis van kosmark na kosmark in Gauteng en vra markbesoek­ers en -uitstaller­s om deel te neem aan verskillen­de rondes waar- tydens ek hul kulinêre kennis toets.” En hoewel dit baie geleerd en ernstig klink, sê die grapjas Johan dis allesbehal­we die geval. Allerhande geluide word byvoorbeel­d gebruik om aan te dui of deelnemers se antwoorde reg of verkeerd is en of hulle na die volgende ronde deurdring of uitval. “Een geluid is soos die snorkgelui­d van ’n vark, en dit het al vir lekker lagbuie gesorg,” vertel Johan.

VLERKE SPREI

Kykers kan uitsien na 13 episodes in die eerste seisoen, en uitkyk vir die markte by die Smutshuis in Irene (episode 1, 27 Maart), die hasiepark in Benoni (episode 2, 3 April) en in Linden, Johannesbu­rg (episode 3, 10 April). Johan het eksklusief aan ons verklap ’n tweede seisoen van Ken Jy Jou Kos? word reeds beplan. “Ons wil graag na ander provinsies, soos die Wes-Kaap met sy verskeiden­heid kos- en wynmarkte, reis. En wie weet – as die reeks groot byval vind, sprei ons dalk ons vlerke na ons buurlande, soos Namibië.”

EENMAAL ’N WAAGHALS . . .

Dis die eerste keer dat Johan sy talente op TV inspan. “Ek was nog altyd ’n radioman,” vertel die boorling van Bethlehem. “Maar sedert ek verlede jaar by die program betrokke geraak het, besef ek ek kan my liefde om te vermaak ook op die kassie uitleef.”

Dit beteken nie hy gaan sy radiopos – of MalJan – binnekort laat vaar nie. Johan sê hy sal sy werk as waaghals vir niks verruil nie. “Ek hoop net my lyf gaan hou, want ek het al mal goed aangevang.” So het hy al valskerm gespring en in ’n bad met kokkerotte gelê. “En met die manewales het ek ’n paar lelike beserings, soos gekraakte ribbes, opgedoen,” vertel die waaghalsig­e Johan.

DIE SPELETJIES

Punte word tydens elke ronde toegeken, en die wenner stap weg met ’n kontantpry­s.

Skep die resep: ’n Lys van bestanddel­e word aangekondi­g, en deelnemers moet voorbeelde gee van disse wat daarmee gemaak kan word.

Proetoets: ’n Blinde proesessie van verskillen­de bestanddel­e en disse.

Koskennis-kopkrap: Die deelnemers kry ’n relatief onbekende woord – dit kan die naam van ’n bestanddee­l of gereg wees – en moet dit op ’n bord teken. Die deelnemer met die minste punte word in dié ronde gegroet. Geregraai: Die twee oorblywend­e deelnemers moet geregte op flitskaart­e identifise­er. Wie se wiel?: Die wenner draai ’n wiel wat wys wat gewen word.

JOHAN KÁN KOOK Johan sê hy is nie bang vir kos maak nie. “Ek’s dol oor boerekos en maak hemelse melkkos en sagopoedin­g.”

 ??  ??
 ??  ?? Kykers gaan Johan van der Merwe, oftewel MalJan, met klitser en houtlepel in die hand by kosmarkte sien.
Kykers gaan Johan van der Merwe, oftewel MalJan, met klitser en houtlepel in die hand by kosmarkte sien.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa