TV Plus (Afrikaans)

Hier volg die nuus

-

Die nuwe weergawe van die aksiefliek­reeks Training Day (2017-nou) het nie net sy hoofster verloor toe Bill Paxton in Februarie oorlede is aan ’n beroerte ná hartchirur­gie nie, dit het ook enige hoop op ’n hernuwing verloor. Al is die seisoen klaar verfilm met Bill se twyfelagti­ge polisiekar­akter Frank in al die episodes, sê bronne “daar is nou baie min kans op ’n seisoen 2”. Melissa Ordway (Abby in Y&R, 1973-nou) en Justin Gaston (eksBen in Days, 1965-nou) is trotse ouers nadat hulle hul babadogter, Olivia, wettig aangeneem het. Melissa het die foto op Instagram geplaas met die byskrif: “Omring deur ons familie, het die regter Olivia amptelik ’n Gaston gemaak (al was sy reeds in ons hart)”. Die komedieree­ks The Big Bang Theory (2007-nou) is gereed vir ’n hernuwing van twee seisoene wanneer seisoen 10 in Mei eindig. En daar is gerugte dat die hoofsterre Jim Parsons, Kaley Cuoco en Johnny Galecki (Sheldon, Penny en Leonard) bereid is om $100 000 (R1,3 m.) minder betaling te ontvang sodat hul medesterre Mayim Bialik (Amy) en Melissa Rauch (Bernadette) meer kan verdien. Die hooftrio kry $1 miljoen per episode. Benedict Cumberbatc­h keer terug TV toe ná die vierde seisoen van Sherlock (2010-nou). Die 40-jarige gaan die uitvoerend­e vervaardig­er wees van en speel in die vyfdelige dramareeks Melrose, ’n verwerking van Edward St. Aubyn se 2012-romans met dieselfde naam. Benny sal ’n “aristokrat­iese en histeries snaakse rokjagter speel wat sukkel met herinnerin­gs aan hoe hy as kind mishandel is”. Emma Caulfield, bekend as die demoon Anya Jenkins in die fantasiere­eks Buffy, The Vampire Slayer (1997-2003), is ook terug op die kassie nadat sy 14 jaar eenmalige verskyning­s in reekse soos Monk (2002-2009) in 2004 en Leverage (20082012) in 2011 gemaak het. Sy het ’n hoogs geheime gasrol gekry in seisoen 3 van die sci-figruwelre­eks Fear The Walking Dead (2015-nou), wat na verwagting later vanjaar uitgesaai sal word. Die brandweerr­eeks Chicago Fire (2012-nou) het ’n sexy nuwe ster bygekry. Kamal Angelo Bolden, oftewel Julius (JooJoo) Beeman in die aksiereeks Rosewood (2015-nou), het die rol gekry as die “charismati­ese en lojale brandbestr­yder” Kannell. Hy sal sy debuut later in die huidige vyfde seisoen maak. Die internet-videoreus YouTube begin sy eie intekenaar­diens, YouTubeTV. “Dis ’n poging om TV te ontwikkel,” verduideli­k die maatskappy se uitvoerend­e hoof, Susan Wojcicki. Intekenaar­s sal toegang kry tot minstens 40 kanale en onbeperkte internetbê­replek teen $35 (R450) per maand wanneer die diens later vanjaar begin. Stephen Moyer ruil vampiere vir mutante in True Blood (2008-2014) in die nog ongetiteld­e X-Mensci-fi- dramareeks op FOX. Die 47-jarige Britse akteur sal die rol vertolk van Reed, ’n prokureur wat sy gesin probeer beskerm nadat hy uitgevind het sy kinders het mutant-magte.

 ??  ?? Wyle Bill Paxton.
Wyle Bill Paxton.
 ??  ?? Emma Caulfield van Fear The Walking Dead.
Emma Caulfield van Fear The Walking Dead.
 ??  ?? Chicago Fire se Kamal Angelo Bolden.
Chicago Fire se Kamal Angelo Bolden.
 ??  ?? Justin Gaston, Melissa Ordway en hul dogter, Olivia.
Justin Gaston, Melissa Ordway en hul dogter, Olivia.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa