TV Plus (Afrikaans)

Agter die skerms

Nuwe karakters? Sepieskryw­ers moet die drie K’s in gedagte hou – konneksies, kultuur en konflik.

-

Dit verg sorgvuldig­e beplanning om ’n nuwe gesin deel van ’n sepie te maak. tvplus het met 7de Laan (2000-nou) se hoofskrywe­r, Linda Scheepers, Scandal! (2005-nou) se kreatiewe vervaardig­er, Grace Mahlaba, en Isidingo (1998-nou) se senior hoofskrywe­r, Bongi Ndaba, gesels oor wat alles in ag geneem is toe hulle verlede jaar hul nuwe sepiegesin­ne aan kykers bekendgest­el het (sien ons 1 Maart-uitgawe vir deel 1 van die artikel).

KONNEKSIES

’n Nuwe gesin vereis ’n sterk verband met huidige gunsteling­e in die sepie – hulle kan nie sommer lukraak hul opwagting maak nie. “In die storielyne word nie net inligting verstrek oor hul persoonlik­heidseiens­kappe, beroepe en sosiale agtergrond nie, maar ook hul geskiedeni­s en verhouding­s met gevestigde karakters,” sê 7de Laan se Linda. “Die Welmans het wel as ’n verrassing­selement hul verskyning gemaak toe Chris (David Rees) met sy kar in die deli vasgery het, maar hul verbinteni­s met Hillside het duidelik geword toe dit blyk iets het jare gelede tussen Mariaan (Deidre Wolhuter) en Vanessa (Ingrid Paulus) gebeur. Dit het die Welmans aan die huidige karakters gekoppel en intrige en spanning geskep vir die verloop van die storielyn vorentoe,” vertel Linda.

Scandal! se Grace sê toe die Thebes aan kykers bekendgest­el is, “was die belangriks­te aspek om hulle te koppel aan die skurk in die sepie, wat in daardie stadium Lucas (Sello Maake Ka-Ncube) was. Lucas was betrokke by die smous van dwelms in die tronk, en toe Hector Thebe (Tumisho Masha) uitvind hoe sy seun dood is (aan ’n oordosis in die tronk), wou hy wraak neem op Lucas.“Grace sê toe die akteur Sello Scandal! verlaat, moes hulle ’n ander plan maak. “Toe kom die Langas, met Kingsley Siseko Langa (Hlomla Dandala) wat Hector se halfbroer is, dus was daar reeds ’n verband met bestaande karakters,” sê Grace.

KULTUUR

In Amerikaans­e sepies is daar basies ryk en arm mense. Suid-Afrikaanse sepieskryw­ers het soveel meer en kan ’n interessan­te, diverse samelewing uitbeeld. “Ons het talle Xhosa-kykers en hulle het baie van Thembeka (Masasa Mbangeni) gehou. Toe sy weg is, moes ons sterk Xhosa-akteurs kry,” sê Grace. “Hlomla (wat Siseko speel) het bygekom, en omdat ’n sepie ook ’n skurk nodig het, het Yvonne (Kgomotso Christophe­r) haar verskyning gemaak.”

Grace sê omdat die sepie steeds sy Xhosa-kykers dien, moes Siseko ’n vrou kry, en dus het Boniswa (Lusanda Mbane) bygekom. “Daar is ’n persepsie dat Xhosa-vroue luidrugtig of vulgêr is – jy weet hoe maklik mense ander kan stereotipe­er. Daarom was dit vir ons belangrik om iemand soos Boniswa te hê, wat ook ’n dame en ’n ma is,” sê Grace.

KONFLIK

Niks bied soveel moontlikhe­de om ’n karakter verder te ontgin en uit te brei as konflik nie, en nuwe gesinne is perfek hiervoor. Isidingo se Bongi verduideli­k: “Ons kyk na ’n karakter en vra onsself: wat is dit wat hy/sy verteenwoo­rdig? Angelique (Shannon Esra) is gesofistik­eerd, sy’s ’n prokureur en geleerd, maar jy wonder waar pas haar familie in die prentjie. In haar geval is hulle bra onopgevoed en sy wil nie iets met hulle te doen hê nie. Hulle doen goed waarteen sy gekant is. Maar wanneer hulle deel van The Deep word, is dit iets wat sy nie kan vermy nie.”

Angelique se pa, Conrad (Deon Coetzee), die oupa van haar broerskind Daniella (Shamilla Miller), is ook die een wat van Daniella ’n dwelmmuil gemaak het. “Dis ’n morele dilemma vir Angelique,” sê Bongi. “Want hoe hanteer jy ’n misdadiger wat jou bloedverwa­nt is?”

In ons geval, as kykers – kry die springmiel­ies, sit terug en geniet die nuwe familie-vuurwerke!

 ??  ?? Isidingo het konflik gebruik om Angelique se pa, Conrad (op foto by haar), en haar broerskind Daniella (inlas) aan kykers bekend te stel .
Isidingo het konflik gebruik om Angelique se pa, Conrad (op foto by haar), en haar broerskind Daniella (inlas) aan kykers bekend te stel .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa