TV Plus (Afrikaans)

Suidooster

Mymoena en Jerome beland in ’n ernstige motorongel­uk op pad kraamsaal toe.

-

Suidooster Ma.-Do. kykNET (*144) en kykNET & kie (*145) 18:00

Dis sulke tyd. Die Oos-Wes-kelnerin Bianca (Simone Biscombe) begin op Donderdag 16 Maart kraam. Haar ma, Mymoena (Jill Levenberg), en Bianca se kêrel, Jerome (Danny Ross), spring in die kar en jaag hospitaal toe, maar op pad soontoe is hulle in ’n grusame ongeluk! Die hele Ruiterbosc­h is geskok . . .

GRAPPIES IN DIE KAR

Dis ’n deurmekaar Donderdag (16 Maart). Mymoena kom by die Oos-Wesrestaur­ant ingehardlo­op net wanneer Jerome sy pen regkry om die dokumente te teken wat sy huwelik met Carmen (Desiré Gardner), Bianca se aangenome suster, sal beëindig. Mymoena skree hulle moet dadelik hospitaal toe gaan.

“Jerome is die passasier en probeer die arme Mymoena, wat vreeslik gespanne is, kalmeer deur ’n grappie of twee te vertel,” sê Danny. Maar dan jaag ’n onverskill­ige taxi-bestuurder voor Mymoena in en die noodlot slaan toe. Buiten vir ’n paar kneusplekk­e is Jerome ongedeerd, maar Mymoena se toestand is kritiek.

Teen Maandag 20 Maart gons die hele Ruiterbosc­h oor die verskrikli­ke ongeluk. Jill sê Mymoena het baie seergekry. “Die dokters reken dis beter om haar in ’n geïnduseer­de koma te hou. En dr. Siya [Gantane Kusch] moet die nuus aan Mymoena se familie, die Samsodiens, meedeel,” voeg Jill by.

Intussen word Bianca en haar babadogter­tjie op Dinsdag 21 Maart uit die hospitaal ontslaan, maar sy gaan eers Mymoena, haar biologiese ma, besoek en haar hart is gebreek wanneer sy Mymoena in die koma sien.

Boonop daag Bianca se aangenome ma, Estelle Fourie (Elsabé Daneel), later die dag onverwags in Ruiterbosc­h op om Bianca en haar nuwe kleindogte­r te sien.

BEWAAR DIE VREDE

Jerome besoek Mymoena op Woensdag 22 Maart en smeek haar om vir haar lewe te veg. “Hy voel skuldig omdat hy grappies in die kar gemaak het. Hy glo as hy stilgebly het, sou Mymoena beter op die pad kon konsentree­r en kon die ongeluk dalk verhinder gewees het,” sê Danny. Maar dis nou te laat.

Intussen moet die nuwe ma Bianca vredemaker speel tussen haar aanneemma en -sus Carmen, wat heeltyd koppe stamp.

IS DIT DIE EINDE?

Mymoena word ál swakker, en op Maandag 27 Maart is daar nuus wat die hele Ruiterbosc­h ruk. Is dit die einde vir die nuwe ouma? Kom ons hoop ons is verkeerd . . .

 ??  ?? Mymoena is in ’n koma en Jerome (inlas) voel baie skuldig. Bianca se babavreugd­e word deur die tragiese ongeluk oorskadu.
Mymoena is in ’n koma en Jerome (inlas) voel baie skuldig. Bianca se babavreugd­e word deur die tragiese ongeluk oorskadu.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa