TV Plus (Afrikaans)

Smoorverli­ef

Tertius en Karli is ernstig oor hul nuwe verhouding.

-

Binnelande­rs Weekdae kykNET (*144) 19:30

Dis amptelik! Karli (Pascal Pienaar) en Tertius (Reynardt Hugo) is uiteindeli­k ’n paartjie en is dolverlief. Op Donderdag 9 Maart verklaar Karli oplaas haar liefde aan Tertius, wat haar in sy arms neem en passievol soen. En dis hoog tyd, want die twee het die afgelope maand kat-en-muisspelet­jies met mekaar gespeel.

KOEBAAI RUGBY, HALLO LIEFDE

Wanneer die sjarmante dokter en die loskop-verpleegst­er die volgende dag, op Vrydag 10 Maart, met ’n vonkel in die oog by die Binneland-kliniek instap, snap hul kollegas dadelik wat aan die gang is.

“Die reaksie is redelik uiteenlope­nd. Party mense meen hulle is nommerpas vir mekaar, en ander dink weer die ouderdomsg­aping van tien jaar is te groot,” sê Reynardt.

Die verpleegst­er Naomi (Je-ani Swiegelaar), wat self haar oog op Tertius gehad het en verlede jaar haar liefde aan hom verklaar het, is uiteraard die meeste geskok. Sy en Tertius was eintlik binnekort op pad Engeland toe om te gaan rugby kyk – net as vriende, natuurlik – met kaartjies wat sy by haar suster, Desiré (Suzzi Swanepoel), persent gekry het. Nou is die planne van die baan.

“Maar Naomi behoort teen dié tyd al te aanvaar Tertius en Karli is eintlik vir mekaar bedoel,” sê Reynardt.

TERUG NA MAMMA

Tertius beskou Karli nie as blote afleiding nie. “Hy is ernstig oor die verhouding,” sê Reynardt, en voeg by: “Karli is presies die soort meisie wat hy in hierdie stadium van sy lewe nodig het. Hy voel goed wanneer hy by haar is en sy laat hom van al die seer in sy verlede vergeet.”

Karli wil alles in haar vermoë doen om die verhouding te laat werk. “Daarom besluit sy dit gaan nie deug as hulle saamwoon, saamwerk en op die koop toe in ’n verhouding is nie,” vertel Reynardt. Dus trek Karli twee dae later uit die woonstel wat hulle deel terug na haar ma, Jana (Brümilda van Rensburg), in die weelderige Koster-woning.

Dit beteken Tertius gaan hom meer gereeld in At (Hans Strydom), Jana se man en Karli se stiefpa, vasloop. Die twee mans sit nie langs dieselfde vuur nie, al het hulle ’n gedeelde belang in Nina (Le-anche van Rensburg), At se kleindogte­r, van wie Tertius die wettige pa is.

Hopelik oorwin die liefde alles.

 ??  ?? Karli en Tertius se eerste passievoll­e soen.
Karli en Tertius se eerste passievoll­e soen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa