TV Plus (Afrikaans)

Die tyd raak min

Kyk wat gebeur wanneer High Rollers sy einde nader.

-

High Rollers Maandae-Woensdae SABC3 (*193) 19:30

Daar is nie meer weddenskap­pe nie en die sepie High Rollers (20132017) se laaste episode word op Maandag 27 Maart uitgesaai ná die SABC se onverklaar­de kansellasi­e verlede jaar. Die kanaal gaan nou al die oorblywend­e episodes uitsaai, en ons weet wat gaan gebeur.

MAGSTRYD

Kings Casino se uitvoerend­e beampte, Jakes (Thapelo Xaba), ding mee teen

Frank (Irvine van der Merwe) om beheer, maar hy sy “mentor” Denton (Terence Bridgett) sal hom nie help nie, sê die reeks se publisitei­tsbeampte Selai Ralarala. “Jakes was Denton se spioen by Kings Casino tot September 2016, toe Jakes op Thandi (Nqobile Nunu Khumalo) verlief geraak het. Frank is jaloers op Jakes en Denton se band noudat Frank by Denton se Queen Of Hearts- casino werk, en Frank konfrontee­r Denton op Dinsdag 21 Maart. Daar sal ’n dooie punt tussen Denton, Frank, Jakes en Pam wees en iemand sal sterf, sê Selai.

DIE AGTERBANKE­RS

Analine (Rolanda Marais) kom nie terug nie. Sy’s nog oorsee terwyl Rolanda met kraamverlo­f was tydens die laaste verfilming in November 2016.

Ben (Viljé Maritz) wil ’n spelerbest­uurder word by Kings op Woensdag 15 Maart, maar sy familie, ook sy pa, Paul (JustinStry­dom), die bedryfshoo­f, ondersteun nie sy nuwe loopbaanpa­d nie. Die spelerbest­uurder Dhanny (Mayuri Naidu) is ongelukkig omdat Ben haar werk wil hê op Dinsdag 21 Maart. Kings se sekerheids­kenner, Pam (Kate Normington), plaas druk op Frank om Jakes te konfrontee­r op Woensdag 22 Maart. Die casino se uitvoerend­e hoof, Busi (Jo-Ann Reyneke), vorm ’n bondgenoot­skap met die finanshoof, David (Antony Coleman), op Maandag 27 Maart noudat Thandi ’n amptelike raadslid is en die casinogron­d besit.

TT (Fezile Mpela) sê vir sy dogter Thandi om meer verantwoor­delikheid te aanvaar op 27 Maart, soos om met Jakes te trou.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Jakes.
Jakes.
 ??  ?? Frank.
Frank.
 ??  ?? Denton.
Denton.
 ??  ?? Thandi.
Thandi.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa