TV Plus (Afrikaans)

Maak Tiny dood

Lehasa wil vir altyd van sy stiefpa Tiny ontslae raak.

-

Keeping Score Maandae-Dinsdae SABC2 (*192) 21:30

Mack (Tshepo Ramasia) was dalk net ’n handlanger in sy medeatleet Isaac (Sipho Nkuna) se moord verlede jaar, maar hy is die een wat tronk toe is in Desember 2016. Nou is hy keelvol vir die lewe agter tralies vir iets wat hy nie eintlik gedoen het nie, en hy is gereed om die regte moordenaar – Tiny (Lucky Khoza) – by te kom. En hy het die ideale geleenthei­d: Tiny se stiefseun Lehasa (Siyabonga Sepotokele) soek onaangenam­e inligting oor Tiny om hom uit Lehasa se familie se lewe te kry.

SOEK BEWYSE

Maar Lehasa se idee is nie om Mackte red nie. As iemand voordeel trekdaarui­t wanneer hy Tiny wegkry van sy ma, Mmamosa (Sonia Mbele), is dit goed. Lehasa het in Februarie ’n privaat speurder gehuur om Tiny te volg, en Lehasa het gehoor sy nuwe stiefpa was daar toe Isaac vermoor is. “As Lehasa Tiny met die misdaad kan verbind, kan hy hom afpers om die dorp te verlaat,” sê Siya. Dis Lehasa se plan. “Lehasa besoek Mack in die tronk [op Dinsdag 28 Maart] met foto’s van Tiny wat hy van Facebook uitgedruk het en hy vra die gevangene: ‘Hoe word hy [Tiny] met die moord verbind?’” vertel Siyabonga.

DIE WAARHEID KOM UIT

Mack is eers versigtig, en Siya verduideli­k: “Hy wil nie die vrae beantwoord nie, en Lehasa probeer hom uitlok en maak hom kwaad. Maar Mack roep die bewaarders om Lehasa weg te neem.” Terug in sy sel bedaar Mack en hy besef hy is nie kwaad vir Lehasa nie – hy moet sy woede op Tiny rig. Later op Dinsdag 28 Maart verander hy van deuntjie en laat Lehasa weet hy is gereed om alles te onthul.

“Mack verduideli­k Tiny was die een wat Isaac vermoor het,” sê Siyabonga. “Maar daar’s ’n struikelbl­ok – Mack stel dit baie duidelik aan Lehasa hy kan nie met die nuwe inligting polisie toe gaan nie, want dit sal Mack in meer moeilikhei­d laat beland. Hy en Tiny het saam dwelms gesmous.” Siyabonga sê dis geen probleem vir sy karakter nie, want Lehasa wil nie nou al die polisie betrokke hê nie. “Hy wil net bewyse hê om Tiny, wat weet hy is in die moeilikhei­d, af te pers. Lehasa kan nie wag om van hom ontslae te raak nie!”

 ??  ?? Tiny is in die moeilikhei­d weens sy Facebook-foto’s. Mack (regs) gee vir Lehasa die skietgoed wat hy nodig het om van Tiny ontslae te raak.
Tiny is in die moeilikhei­d weens sy Facebook-foto’s. Mack (regs) gee vir Lehasa die skietgoed wat hy nodig het om van Tiny ontslae te raak.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa