TV Plus (Afrikaans)

Jou kêrel of die baba

Suffocate gebruik sy babadogter as troefkaart teen Niki.

-

Rhythm City Weekdae e.tv (*194) 19:00

Suffocate (Mduduzi Mabaso) is nie iemand met wie jy mors nie en sy eksvrou Niki (Nolo Phiri) weet dit. Sy steek haar verhouding met Suffo se oudpel Toolkit (Paul Maila) al maande weg en Mduduzi sê: “Nou is daar drama!” Toolkit erken op Vrydag 17 Maart aan Suffo hy’t Niki gedate – hulle het vroeg in Maart uitgemaak terwyl Suffo Niki gehelp het om haar broer Bash (Simphiwe Mtshali) uit die tronk te hou. ’n Briesende Suffo dreig nou om sy dogter Busi (Thabo Ntshubela) van Niki weg te neem as sy Toolkit nie uitlos nie, vertel Mduduzi.

DIE BABA IS MYNE

Om seker te maak hulle kry sy boodskap, dring Suffo op Maandag 20 Maart aan op volle toesig oor Busi. “Hy speel nie net die jaloerse eks nie. Suffo dink sy dogter is nie veilig by iemand so gevaarlik soos Toolkit nie,” sê Mduduzi. Dis nie asof Suffo ’n engel is nie – dinge tussen die twee mans het in November 2016 versuur, en Mduduzi sê: “Toolkit was Suffo se handlanger. Suffo weet Toolkit sal nie huiwer om Busi vir wraak te gebruik as dit nodig word nie.”

Suffo beveel sy nuwe regterhand, Speshil (Sayitsheni Mdaki), op Dinsdag 21 Maart om Toolkit af te skrik en Mduduzi verklap: “Suffo wil hom weg hê. Hy wil Toolkit nie naby sy gesin hê nie, en hy sal doen wat ook al nodig is om seker te maak Toolkit verdwyn.”

AGGRESSIE EN GEVOEL

’n Desperate Niki smeek Toolkit op Woensdag 22 Maart om met Suffo te gaan praat en hom te oorreed om Busi by haar te los. “Dit verwar Toolkit, want hy weet nie hoe om sy eksbaas te benader nie,” sê Mduduzi. En met hul opvlieënde geaardheid in gedagte gehou, is dit nie verbasend nie dat Toolkit aggressief is op Vrydag 24 Maart. “Suffo stel nie daarin belang om met Toolkit te praat nie. Hy wil die saak eerder opklaar met Niki, wat herhaaldel­ik vir hom gelieg het, dus verskuif hy sy aandag na haar,” vertel Mduduzi.

Suffo beweer op Maandag 27 Maart Niki is nie net onbevoeg nie, maar sy’t ook hul huwelik verwoes deur middel 2016 by Suffo se broer, Themba (Sphamandla Dhludhlu), te slaap. “Suffo is seergemaak en wil hê Niki moet dieselfde voel,” sê Mduduzi. Dit werk, en op Dinsdag 28 Maart stoot ’n vernederde Niki almal weg, Toolkit inkluis. Mduduzi sê: “Suffo weet hoe om op Niki se gevoel te speel. Hy wil haar weer enkellopen­d sien.” Dit klink of iemand nog nie regtig oor sy eks is nie, ten spyte van sy optrede . . .

 ??  ?? Niki en Toolkit (middel) vertel Suffo van hul verhouding. Suffo is woedend omdat Niki vir hom gelieg het en beplan sy wraak.
Niki en Toolkit (middel) vertel Suffo van hul verhouding. Suffo is woedend omdat Niki vir hom gelieg het en beplan sy wraak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa