TV Plus (Afrikaans)

Een te veel . . .

Nicole en Zende se verlies is Sasha se wins wanneer sy haar eks-bestie se kêrel probeer inpalm.

-

The Bold And The Beautiful Weekdae SABC3 (*193) 18:00

Die situasie waarin Nicole en Zende (Reign Edwards en Rome Flynn) hulle bevind, is nie juis wat ’n mens romanties sou noem nie. Nicole is swanger met die kind van haar suster Maya (Karla Mosley) se man, Rick (Jacob Young) – wat ook Zende se oom is. En op Donderdag 23 Maart trek Nicole saam met Maya en Rick by Rick se ma, Brooke (Katherine Kelly Lang), se huis in. Soos dit vir Zende lyk, is daar maar min plek vir ’n kêrel terwyl Rick babapraatj­ies met Nicole se swanger maag maak.

Hoewel Zende goed weet Nicole is net die surrogaatm­a vir Rick en Maya – wat dolverlief op mekaar is – was hy nog nooit juis in sy noppies om met ’n swanger maagd uit te gaan nie. Dit raak te veel vir hom en op Vrydag 24 Maart erken Zende aan Nicole: “Ek is lief vir jou, ek wil ’n lewe en toekoms saam met jou hê. Maar hierdie ding . . . ek kan dit nie doen nie. Ek respekteer jou besluit en ek bewonder jou grootharti­gheid. Maar om jou swanger met my oom se baba te sien, is een te veel.”

BESLUITE EN GEVOLGE

Zende verduideli­k aan Nicole: “Ek het dit probeer aanvaar, om hierdie vrydenkend­e ou te wees. Ek het gedink ek is. Maar dit voel net nie reg nie.” Al is hy hoe lief vir Nicole, skrik dit Zende af wanneer hy Maya, Rick en hul baba saam met Nicole in sy prentjie van ’n gesin probeer inpas. Dis nie iets wat hy ligtelik sê nie, en Zende laat sy kop in skaamte sak wanneer hy erken: “Ek is aangeneem. ’n Mens sou dink dit moet my beter begrip vir die situasie gee. En ek weet daar is allerhande soorte gesinne en ek sê nie Rick en Maya verdien nie om ouers te word nie, maar ek is net nie gereed vir ’n verhouding met die vrou wat hul baba dra nie.”

Ons moet Zende op die skouer klop omdat hy met die verhouding probeer voortgaan het, ten spyte van sy ongemak van die begin af. Hy is, nes Nicole, geregtig op sy gevoelens en emosies. Maar ’n mens kan nie help om jammer te voel vir Nicole nie, omdat ’n belangrike deel van haar lewe en drome deur haar vingers glip vanweë haar goedhartig­heid. “Zende was reguit en het gesê hy’s nie gemaklik met Nicole wat die surrogaatm­a is nie. Maar sy het haar suster voor hom gestel,” vertel Reign. “Hulle is albei nog jonk, hulle word nog groot. En albei kon beter besluite geneem het,” voeg Reign by.

VERGEET DIE SORGE

Ná die werklike hartseer- einde vir Nicole en Zende is Zende nie juis in die luim om sy nuutgevond­e vryheid as losloper te vier nie, maar Nicole se sexy eks-bestie en geheime halfsuster Sasha (Felisha Cooper) gooi haar flikkers vir hom tydens hul fotosessie op Maandag 27 Maart. Sy volg die kwesbare Zende selfs huis toe en wil weet hoekom hy en Nicole uitgemaak het.

Sasha geniet dit om alles uit te spel waaraan Zende waarskynli­k nie probeer dink nie: “Sy het jou in ’n onmoontlik­e posisie geplaas. Met alle respek aan Nicole, om vir jou te vra om te wag terwyl sy surrogaatm­ammie speel is nie net onrealisti­es nie, dis baie selfsugtig,” sê Sasha, en laat nie op haar wag nie: “Daar’s geen rede hoekom ons twee nie saam kan wees nie. Ek is hier, gewillig, en beslis nie swanger met iemand anders se kind nie. Jy is nou klaar daarmee. Vergeet van Nicole. Gaan aan met jou lewe. Begin nou!”

 ??  ?? Nicole se surrogaat-bababoepie skrik haar kêrel Zende af.
Nicole se surrogaat-bababoepie skrik haar kêrel Zende af.
 ??  ?? Sasha laat nie op haar wag om die sexy Zende te probeer verlei nie.
Sasha laat nie op haar wag om die sexy Zende te probeer verlei nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa