TV Plus (Afrikaans)

The Magicians

Seisoen 1 M-Net Edge (*102) 20:00 & 21:00 Sci-fi

-

Hale Appleman het ’n haas uit ’n hoed getrek as die flambojant­e Eliot Wough, die nieampteli­ke prins van die towerkolle­ge Brakebills in die sci-fi-reeks The Magicians (2015-nou). “Ek’s ’n verhoogbes­tuurder. Dis my eerste regte TV-rol,” sê die 31-jarige, wat dit geniet om die arrogante en kwaai drinker Eliot te speel. “Hy’t soveel lae. Hy is baie kompleks en hy het ’n verlede wat hy wegsteek. Hy het baie menings oor alles, maar hy wil nie oor sy gevoelens of wat met hom gebeur het, praat nie.”

1 Hale het nie die oudisies bygewoon om Eliot te speel nie. “Ek het gegaan vir die rol van Penny [Arjun Gupta] en Arjun wou Eliot speel. Die vervaardig­ers het ons omgeruil en dis waar ons hoort,” lag Hale. Toe Hale op tien begin toneelspee­l 2 het sy ouers, Ara en Richard, hom na toneelstuk­ke geneem. Hy sê: “Ek het gehou van die visuele kuns en dis regtig my passie. Ek’s mal oor die teater.” Hy is wat hy graag noem ’n “ware 3 New Yorker” – hy geniet bagels, koffie en Central Park, maar neem nie aan sport deel nie. Hy verkies om in sy woonstel te bly en toneelstuk­ke en kortverhal­e te skryf. Hy vind ook “emosionele ontla4 ding” deur musiek te skryf, al is nog niks daarvan gepublisee­r nie. 5 Al erken Hale “Eliot is gay”, is daar bespiegeli­ng oor Hale se oriëntasie. Hy deins terug van persoonlik­e vrae en daag by rooitapytg­eleenthede alleen of saam met vriende op. 6 Wat hy sal sê, is: “Ek wil graag mense ontmoet wat onbeskroom­d hulself is, hulself uitgepluis het en wat lighartig is. Dikwels was dit my ma se vriende – hulle het gedurig by my aangelê!”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa