TV Plus (Afrikaans)

Familiefot­o

Seisoen 3 VIA (*147) 17:30 Leefstyl

-

Die vryskut-fotograaf Lisa Skinner is al jare tuis agter die kamera, maar nou sien ons haar voor die lens waar sy gesinne vir die nuwe VIA-reeks Familiefot­o afneem. “Ek is ’n natuurlike ‘performer’ en gee glad nie om om nou en dan die hanswors te wees nie,” sê Lisa. Dan vergeet sy vir eers van die TV-kamera en konsentree­r net op haar onderwerp. “Ek dink my fokus op die foto’s help die gesinslede ook meer ontspan,” sê sy.

Wat is jou grootste uitdaging by Familie

foto? Afrikaans is my tweede taal en ek praat dit nie suiwer nie. Daar’s al etlike kere vir my gesê ’n mens “neem” ’n foto, nie “vat” nie, maar ek sê dit steeds. Ek wou eenkeer sê: “Staan nou op”, maar toe sê ek per ongeluk “Gooi nou op” [lag]. Die foto wat ek ná daardie blaps geneem het, is kostelik, want jy kon duidelik die verwarring op die mense se gesigte sien!

Wat is die gulde reël wanneer jy ’n fam

iliefoto neem? Elke mens het sy eie skoonheid en karaktertr­ekke wat hom of haar besonders maak en wat ek deur my lens probeer vasvang. Daarom probeer ek mense op hul gemak laat voel, al beteken dit ek moet soms effens verspot wees.

Buiten mense, wie of wat neem jy graag af?

Ek begin ál meer kosfotogra­fie doen. Ek het aan verskeie kosreekse soos The Great South African Bake Off [BBC Lifestyle 2015 & 2016] en Ilse Kook [kykNET, 2013] as fotograaf gewerk en het baie respek vir sjefs en die kosbedryf. Maar my eerste liefde sal altyd portretfot­ografie bly – van Toeareg-vroue in die woestyn buite Timboektoe in Wes-Afrika, glansperso­onlikhede soos die Britse aktrise Emma Thompson tot staatshoof­de soos oud-president Nelson Mandela.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa