TV Plus (Afrikaans)

Bold & Beautiful

Weekdae SABC3 18:00 Sepie

-

Wyatt (Darin Brooks) volg letterlik sy broer Liam (Scott Clifton) se eksverloof­de, Steffy (Jacqueline MacInnes Wood), in ’n meubelwa op Vrydag 24 Maart wanneer sy dit oorweeg om uit Liam se strandhuis te trek en terug te keer na die Forrester-herehuis. Maar hy stel ’n ander adres voor waar sy haar tandeborse­l en modieuse klere kan uitpak – sy blyplek.

Wyatt sê vir Steffy: “My lewe is beter met jou deel daarvan. Jou pragtige gesig is die eerste ding wat ek soggens wil sien wanneer ek wakker word. En ek wil elke aand daardie lippe soen wanneer ek bed toe gaan.” Wanneer Steffy die idee verwerp om weer huisiehuis­ie met een van die Spencers te speel, sê hy vir haar sy het dit verkeerd. “Trou met my,” dring hy aan. “Toe ons op die strand was, het ek vir jou gesê ek wil die res van my lewe by jou wees. Ek weet ek het gesê ek sal jou tyd gee om daaroor te dink, maar die tyd is verstreke. Trou met my!”

Wyatt sak op sy een knie af op Maandag 27 Maart en voeg by: “Jy is wonderlik, jy is stylvol. Jy is die enigste vrou by wie ek wil wees. Sê vir my ek kan dit doen. Ek wou al lankal saam met jou wees, Steffy. Ek is hier reg voor jou, die man na wie jy gesoek het. Ek sal jou altyd ondersteun en jou eerste stel en ek sal jou nooit verlaat nie. Ek sal my lewe daaraan wy om die man te wees wat jy verdien.”

Wyatt hou nie op smeek nie tot Steffy ja sê. As hulle maar net geweet het Liam, wat aan geheueverl­ies ly, is terselfder­tyd besig om sy “vrou”, Wyatt se ma, Quinn (Rena Sofer), te belowe: “Ek is hier vir jou. Altyd . . .”

Lees meer op ble. 26-27.

 ??  ?? Wyatt het iets wat blink vir Steffy: sal sy ja sê?
Wyatt het iets wat blink vir Steffy: sal sy ja sê?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa