TV Plus (Afrikaans)

Pure Genius

-

Fliekvlooi­e ken hom as “daai ou” van Julia Roberts se rolprent My Best Friend’s Wedding (1997), maar Dermot Mulroney kan sy man staan in hoofrolle. Soos in die mediese dramareeks Pure Genius (2016-2017), waarin Dermot die hoofchirur­g dr. Walter Wallace speel wat weet hoe om hom te laat geld . . .

“My pa [Michael] was ’n professor in die regte. Altyd streng en sterk,” vertel die 53-jarige akteur. “My ma [Ellen] was die prettige een – en sy het my aangemoedi­g om toneel te speel.” Hy hou eintlik meer van Westerns as van dramas en het saam met Charlie Sheen en Kiefer Sutherland in die 1988-fliek Young Guns gespeel. “Dit beteken nie ek ry perd nie!” lag Dermot. Hy verkies tjello en speel al sedert hy sewe is – Dermot was deel van die orkes vir die klankbaan van die 2013-sci-fi-fliek Star Trek: Into Darkness, asook 2016 se Star Wars: Rogue One. Anders as baie celebs is Dermot se liefdeslew­e redelik stabiel. Hy was van 1990 tot 2007 met die aktrise Catherine Keener getroud en hulle het ’n 18-jarige seun, Clyde. Hy’s in 2008 met die Italiaanse kinematogr­afie-agent Tharita Cesaroni (44) getroud en hulle het twee dogters, Sally en Mabel Ray (albei jonger as 10). Dis maklik om sy akteursbes­tie te kies – “Julia, natuurlik. Ek het nie enige van haar flieks gesien voor ons saamgewerk het nie, maar ons het net gekliek. Boonop speel haar seun tjello!” Dermot oorweeg glad nie plastiese chirurgie vir die litteken onder sy regterneus­gat nie. “Ek het op glas geval toe ek drie was, dus is dit my hele lewe al deel van my. En hoewel dr. Wallace dit sou kon regtoor, pla dit my nie. Dis waar dit bedoel is om te wees.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa