TV Plus (Afrikaans)

Planet Earth II

-

Sy diep, rustige stem is feitlik sinoniem met natuurprog­ramme – sir David Attenborou­gh is al sedert die 1960’s die verteller in reekse soos Planet Earth II (2016-nou). En dis iets wat hy geniet: “Dis nie net ’n program oor diere in die natuur nie, dis ’n toevlugsoo­rd vir die wêreld waarin ons leef,” sê sir David.

Hoewel hy erken hy “stap aan in jare”, is die 90-jarige nog nie reg vir aftree nie. “Hoe kan ek, as programme so pragtig verfilm word soos Planet Earth?” Dit beteken nie hy is heeltemal gesond nie – sy versekerin­gsmaatskap­py het hom gedwing om in 2013 ’n pasaangeër te kry voor hy Australië toe gevlieg het. Sir David is die laaste oorlewende van drie beroemde broers – sy jonger broer, John (in 2012 oorlede), was ’n grootkop in die motorbedry­f en sy ouer broer, Richard (in 2014 oorlede), was veral bekend vir sy rol in die sci-fi-fliek Jurassic Park (1993). Sir David is ’n vredeliewe­nde mens en sê hy het diensplig gehaat – in die laat 1940’s was hy drie jaar lank ’n vlootoffis­ier. Hy’s ’n aanhanger van biljart en het sy posisie by die BBC gebruik om snoeker in 1969 op kleur-TV uitgesaai te kry. “Wat ’n besielende besluit was, al moet ek dit self sê,” lag hy. Familie is belangrik vir die uitsaaier en sy kinders, Robert en Susan, kleinkinde­rs en agterklein­kinders is “baie na aan my hart”. Sir David was van 1950 tot met haar dood in 1997 met sy vrou, Jane, getroud, en erken hy is nog hartseer omdat hy haar verloor het. Noudat hy met feitlik elke dier kennis gemaak het, is daar een waarvan hy nie hou nie? “Rotte – hulle is aaklige goeters,” sê sir David.

 ??  ?? Sir David Attenborou­gh maak kennis met ’n dierevrien­d.
Sir David Attenborou­gh maak kennis met ’n dierevrien­d.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa