TV Plus (Afrikaans)

Brent Owens: Extreme, Authentic & Unwrapped

-

Die Australies­e konstruksi­ewerker Brent Owens het in 2014 modder vir meel verruil toe hy seisoen 6 van die realiteits­kosprogram MasterChef Australia (2009-nou) gewen het. Nou is die 27jarige terug op die kassie met sy eie kosprogram, Brent Owens: Extreme, Authentic & Unwrapped (2016-nou). En seisoen 1 het ’n plaaslike geurtjie – Brent het dit in Suid-Afrika kom verfilm.

“Toe ek die kompetisie [MasterChef] wen, het dit my horisonne verbreed,” sê Brent. “Dit het my avontuurlu­s aangewakke­r en het daartoe gelei dat ek meer wil doen, meer wil sien en soveel meer wil eet. Dis toe ek besluit het om die wêreld se verskillen­de smake te gaan verken.” Hy het spesifiek Suid-Afrika gekies, want die land het baie om te bied. “Dit het ’n oorspronkl­ike, uitsonderl­ike en kultuurryk­e kookkuns.”

Wat Brent van ander oorsese foodies onderskei is dat hy nie belangstel in deftige eetplekke en toeristetr­ekpleister­s nie: Hy wil eerder saam met die plaaslike mense op die platteland, in die stede en in landelike gebiede eet, drink en kos maak. En hy geniet avonture soos staptogte, haaihokdui­k en om teen sandduine af te gly. Die 13 episodes sluit beeldmater­iaal in die dokkiestyl in wat tot die program se outentieke gevoel bydra, met die kameraspan wat dan en wan in fokus spring. Maar alles is nie rooskleuri­g nie – Brent moet bv. sy hoogtevree­s en oorentoesi­astiese volstruise trotseer en verlang huis toe.

Hy het iets teruggegee aan die gemeenskap­pe wat hy besoek het deur as vrywillige­r by ’n sopkombuis te werk. “Ek het baie oor Suid-Afrika en sy mense geleer,” sê Brent. “En ek het goeie kos geëet – baie goeie kos!”

 ??  ?? Die Australies­e sjef Brent Owens kom proe SA kos.
Die Australies­e sjef Brent Owens kom proe SA kos.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa