TV Plus (Afrikaans)

Sepies in die VSA, Days, Gold Diggers

-

BOLD

Die Forresters – Kristen en Antonio Dominguez inkluis – is byeen vir Zende en Nicole se troue, en Sasha keer terug en hoop sy kan vrede maak met die Avants. Quinn stry teen haar selfsugtig­heid wanneer “haar” huis vir die troue oorgeneem word, nes sy en Ridge teen hul gevoelens vir mekaar stry. Bill en Wyatt is neerslagti­g en enkellopen­d, Steffy se aandag word deur ’ n sosialemed­ia-storm afgetrek, en Bill wil hê Brooke moet haar besluit om met Ridge te trou bevraagtek­en. Daarby is die Spectras terug, met Patrika Darbo wat Sally (die ontslape Darlene Conley) se suster Shirley speel, en Courtney Hope en Courtney Grosbeck wat Sally se agterklein­niggies Sally en Coco is.

DAYS

Julie se vervreemde seun David sterf net wanneer Stephanie na Salem terugkeer vir Steve en Kayla se troue. Victor sê vir Deimos hy moet die gemors wat hy met Orwell gemaak het uitsorteer en hou Chad en Gabi gevange. Abby en Dario se reddingsmi­ssie bring hulle nader aan mekaar, Adrienne vind uit Sonny is ontvoer, en Jennifer en Adrienne vat Orwell aan. Die klagte teen Hope word laat vaar en sy probeer Hattie beskerm, en Belle het slegte nuus vir Nicole by Holly se toesigverh­oor. Austin en Carrie keer terug, en Anna sê haar sê vir Andre.

Y&R

Chelsea gaan op 'n date met Nick en hulle soen ná Nick met nuwe oë na Chelsea kyk. Billy en Victoria vier hul toekoms, en Lily se planne vir 'n sexy aand met Cane kry 'n terugslag. Jill vou dubbeld van die pyn terwyl sy op Colin skree omdat hy al die geld uit haar rekening gevat het vir ’ n belegging, en later jaag Billy met Jill hospitaal toe waar sy skoknuus oor haar mediese toestand kry. Michael is agterdogti­g oor Gloria, en Hilary gaan tot die uiterste om Devon aan haar sy te hou.

 ??  ?? Patrika Darbo speel Sally Spectra (die ontslape Darlene Conley) se suster Shirley.
Patrika Darbo speel Sally Spectra (die ontslape Darlene Conley) se suster Shirley.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa