TV Plus (Afrikaans)

Aksie: NCIS: LA

’n Storm is op pad na die NCIS: Los Angeles- span en dis een wat nie almal van hulle sal oorleef nie.

- NCIS: Los Angeles Seisoen 8 Donderdae M-Net (*101) 19:30 (vanaf 23 Maart)

Dinge gaan vinnig van kwaad na erger in die nuwe, agste seisoen van die aksiereeks NCIS: Los Angeles (2009-nou). Maar dis nie terroriste en misdadiger­s wat dreig om die hegte spesiale ondersoeks­pan uitmekaar te trek nie. Nee, die spioen kom uit eie geledere by die NCIS. En ná twee seisoene van hier en daar toutjies trek (die mol het die eerste keer in seisoen 6 in 2014 verskyn), kan die tyd nou ryp wees vir die spioen om sy plan uit te voer.

BINNE-BEDREIGING

“Die molstoriel­yn is al van die heel eerste episode aan die gang,” terg Eric Christian Olsen, wat die LAPD se senior speurder en die NCIS-assosiaat Marty Deeks is. “Die staatsdepa­rtement gryp in en hul span ondersoek elkeen om die spioen te vind. Dit raak baie vinnig ’n werklikhei­d.” Eric voeg by die eerste drie episodes is soos ’n goederetre­in wat buite beheer is en “dit raak Hetty Lange (Linda Hunt) baie erg in episode 14 [22 Junie] – sy word gyselaar geneem en in ’n hok gegooi”. LL Cool J, wat spesiale agent Sam Hanna speel, sê: “Sy is letterlik ingehok. Dis bisar.”

Die hoofster, Chris O’Donnell, wat die rol van spesiale agent G. Callen vertolk, verwag kykers gaan net so verras wees oor die mol se identiteit as wat hy was toe hy die draaiboek lees. “Ek dink dit sal ’n skok vir fans wees [wanneer hulle dit in episode 15 op 29 Junie sien]. Daar is kinkels en draaie wat jy nie sien kom het nie. Ek het dit nie sien kom nie! En ek werk hier!”

KUPIDO WEER AAN DIE WERK

Selfs die reeks se romanse-storielyn kry ’n dramatiese kinkel. Deeks en sy verloofde, Kensi Bley (Daniela Ruah), begin die seisoen met ’n rowwe tyd wanneer Kensi se sending na Sirië haar in ’n koma laat beland. Wanneer sy wakker word – verrassing: sy kan niks van voor haar missie onthou nie . . . insluitend Deeks. En G. Callen soek ook ’n bietjie liefde in episode 17 (13 Julie). Gelukkig is sy liefdesbel­angstellin­g Anna (Bar Paly) ook in die veld en hul date wat ’n werkopdrag word, word nie bederf nie.

GEMEENSKAP­SDIENS

Daar is ook ander ondersoeke wat die span besig hou, soos ’n paar bedrieërs wat aftreeoord-bewoners kul in episode 16 (6 Julie).

GEVALLE HELD

Sit die vuurwapens en agente vir ’n paar minute eenkant en gryp die snesies. In episode 15 neem kykers afskeid van assistent- direkteur Owen Granger, wat in ’n koma is. In werklikhei­d is die akteur Miguel Ferrer in Januarie 2017 aan kanker oorlede.

 ??  ?? Die NCIS: Los Angeles-hoofspan is (van links): Deeks, Kensi, Callen en Sam. IN SEISOEN 7… Vloot-hardeskywe vol hoogs geheime inligting is gesteel, en Sam se seun is gyselaar geneem toe terroriste sy skool oorgeneem het.
Die NCIS: Los Angeles-hoofspan is (van links): Deeks, Kensi, Callen en Sam. IN SEISOEN 7… Vloot-hardeskywe vol hoogs geheime inligting is gesteel, en Sam se seun is gyselaar geneem toe terroriste sy skool oorgeneem het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa