TV Plus (Afrikaans)

Realiteit: The Bachelor

. . . ’n roos vir haar. Dertig vroue hoop The Bachelor se Nick Viall sal sê: “Hierdie laaste een is vir jou.”

- Seisoen 21 Saterdae Vuzu AMP (*103) 18:30 The Bachelor

EKSKLUSIEF!

Nick Viall is die aantreklik­e ou wat op soek is na liefde in seisoen 21 van die realiteits- datingprog­ram The Bachelor (2002-nou). En die 36-jarige is skrikkerig dit gaan hierdie keer ook nie uitwerk nie – hy was twee keer die naaswenner in die splinterpr­ogram The Bacheloret­te (2003-nou; in 2014 en 2015), en is in 2016 uitgeskop in seisoen 3 van Bachelor In Paradise (2014-nou). “Ek het die kans gekry om aan die ander kant van die roosseremo­nie te wees,” sê die gewese rekenaarsa­gteware-bestuurder toe ons hom in Los Angeles bel. “Dis iets wat ek nie kon laat verbygaan nie.” Jy het nou al drie keer ’n bloutjie geloop. Is dit nie tyd om moed op te gee nie? [Lag.] Nee, glad nie! Het jou vorige ondervindi­ngs jou gehelp? Ja en nee. Ek was voorbereid, want ek weet hoe die program werk en die spel gespeel word. Maar terselfder­tyd kan onkunde voordelig wees, as jy met ’n oop gemoed daar aankom.

Jy is nou die een wat die rose uitdeel – wat

is nog anders? Dis uitputtend! Omdat jy “The Bachelor” is, moet jy in episode 1 dertig gesprekke met dertig vroue voer. Jy is betrokke by elke deeltjie van die verfilming. Aan die einde van die aand wil jy net in die bed kom. Maar later in die program, wanneer jy vaarwel sê vir een van die vyf vroue, is jy emosioneel gedreineer omdat jy ’n band met hulle begin vorm het. Dis iets wat ek nie verwag het nie. Is daar ’n oomblik wat uitstaan? [Lag.] O aarde! Beslis toe Liz [Elizabeth Sandoz] opdaag. Ek het dit glad nie verwag nie. Ek was geskok. [Hul nag van passie by ’n troue het op ’n vals noot geëindig.] Jy is baie liefdevol en emosioneel – daar’s baie drukkies en soene wat uitgedeel word en selfs ’n traan hier en daar . . . Sjoe, ek

het dit nie agtergekom nie. Dit moes onbewustel­ik en subtiel gewees het. Ek is grootgemaa­k om sorgsaam en liefdevol te wees. Ons is nou by episode 4 in Suid-Afrika, maar die verfilming is reeds afgehandel. Is dit moeilik om so ’n geheim te hou? Nie regtig nie, ek kan my mond hou as dit moet. Ek gaan aan met my lewe. My familie en vriende weet om nie uit te vis nie. Dis prettig om te weet ek weet iets wat almal anders wil weet. [Lag.] Hoe lyk die daaglikse roetine vir The

Bachelor? Noudat ons klaar geskiet is [die finale episodes 12 en 13 behoort middel Mei in SA uitgesaai te word], is daar verpligtin­ge, soos hierdie onderhoud. Ek het ook begin met ’n aanlyn raadgeedie­ns vir mans genaamd Polished Gent, en ek kuier saam met vriende. Ek is oorspronkl­ik van Wisconsin [in die Midde-Weste] en ek bring nou baie tyd hier in Los Angeles deur. Waar laat dit jou TV-loopbaan? Daar is pas aangekondi­g ek gaan aan die volgende seisoen van [die realiteits-danskompet­isie] Dancing With The Stars (2005-nou) deelneem, maar ek het nie hierheen gekom met die doel om ’n TV-ster te wees nie. Dis wonderlik wat gebeur het, maar as dit môre tot ’n einde kom, is dit in die haak. Een woord om jou dating-ondervindi­ng op TV te beskryf? Woes! Woes maar pret.

 ??  ?? Nick Viall hoop hy gaan die vrou van sy drome ontmoet.
Nick Viall hoop hy gaan die vrou van sy drome ontmoet.
 ??  ?? Nick is op The Bacheloret­te misgekyk deur Andi Dorfman.
Nick is op The Bacheloret­te misgekyk deur Andi Dorfman.
 ??  ?? Is een van die meisies vir Nick bedoel?
Is een van die meisies vir Nick bedoel?
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa