TV Plus (Afrikaans)

Vrou van vele talente

Sy’t ’n klomp hooi op haar vurk, maar Rozanne McKenzie is ’n meester van balans.

- Nasie In Gesprek Woensdae kykNET (*144) 17:30 Flits Donderdae kykNET (*144) 22:00

Rozanne McKenzie (34) is ’n bekende gesig as mede-aanbieder van Nasie In Gesprek (kykNET, 2017) en Flits (kykNET, 2016-nou), maar min kykers besef sy is ook agter die skerms baie bedrywig. Buiten TV-aanbieder is sy ook radioverke­er s verslaggew­er, mededirekt­eur van die produksiem­aatskappy IdeaCandy Eiendoms Bpk., en ’n toegewyde ma en vrou. Rozanne vertel sy moet daagliks haar bedrywige skedule haarfyn beplan.

VAN GIM NA DIE MIKROFOON

Rozanne staan elke weekoggend om 04:15 op en klok 05:00 by die gimnasium in, waar sy omtrent ’n uur lank oefen. Daarby oefen sy Saterdagog- gende by Cactus Conditioni­ng en doen bokssessie­s saam met haar afrigter, Grant Myburg.

Ná die gim ry Rozanne na Midrand, waar sy ontbyt eet en en teen 08:00 met voorbereid­ing begin vir die verkeersve­rslae op die radioprogr­am The Workzone, wat van 09:00 tot 12:00 op Jacaranda FM aangebied word. Buiten die verkeersve­rslae doen sy ook stemwerk vir die stasie en radio-advertensi­es.

VOORLEGGIN­GS EN FLITS

Smiddae werk Rozanne by IdeaCandy Eiendoms Bpk. in Ferndale, waar sy ’n ander hoed as mededirekt­eur opsit. “Van my pligte behels voorleggin­gs vir borgskappe, en ek leer baie van begrotings en vervaardig­ing by my mededirekt­eur, Wim Steyn,” vertel sy.

Donderdae lyk haar skedule anders. As mede-aanbieder van die aktualitei­tsprogram Flits moet Rozanne van 19:00 tot omtrent 22:30 werk (Flits word Donderdae van 22:00 tot 22:30 uitgesaai). “As ek in die middag nog by IdeaCandy moes werk, sou my dag net te lank word. Daarom neem ek in die middag ’n blaaskans,” sê Rozanne. Flits is so reg in haar kraal, vertel Rozanne, want die kollig val op onderwerpe waarin sy belangstel, soos nuwe neigings, flieks, boeke, kos en restaurant­e.

VAN VERMAAK NA LANDBOU

Nasie In Gesprek is nog ’n uitdaging vir die onstuitbar­e Rozanne. In die program val die kollig op plaaslik vervaardig­de produkte, en word die produkte van die plaashek tot op jou tafel gevolg. “Ons verfilm drie episodes per dag twee keer per maand. Die reeks word ook in Engels opgeneem en as Nation In Conversati­on op Business Day TV en Soweto TV uitgesaai,” vertel sy. Die opnames word tussen haar ander werksverpl­igtinge geskedulee­r.

GESINSTYD

Rozanne se musikantma­n, Chris Bishop, ’n gebore Brit, is ’n groot steunpilaa­r. Hy sorg dat hul seuntjie, James (2), weekoggend­e by die kleutersko­ol besorg word voor sy werkdag as hoof van die Capegate Miagi Centre for Music in Soweto begin. Die besige egpaar sorg dat hulle hul dagboeke koördineer.

Chris en Rozanne neem gereeld aan wedlope soos die Warrior Race deel. Naweke ontspan die gesin tuis en lees, bou legkaarte of stap in die botaniese tuine. “My ma, Ann, is my rolmodel en het my geleer om hard te werk – en dat ek alles wat ek aanpak, nog beter kan doen,” vertel Rozanne trots.

 ??  ?? Die stylvolle Rozanne McKenzie is ’n besige bytjie.
Die stylvolle Rozanne McKenzie is ’n besige bytjie.
 ??  ?? Rozanne, haar man, Chris Bishop, en hul seuntjie, James (2).
Rozanne, haar man, Chris Bishop, en hul seuntjie, James (2).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa