TV Plus (Afrikaans)

Op ’n eiland

Wrecked gaan oor anargie, onnoselhei­d en die kannibalis­me van ’n lewe sonder Wi-Fi.

- Wrecked Seisoen 1 Vrydae (vanaf 17 Maart) M-Net Edge (*102) 18:50

Elke episode-opsomming vir Wrecked (2016-nou) sluit die frase in “die eiland maak ’n ontdekking wat alles kan verander” in – ’n stoute terugverwy­sing na een van Wrecked se groot invloede, die gehoortart­ende sci-fi drama Lost (2004-2010). Wrecked is soos ’n donker komedie-weergawe van Lost, maar met die karakters van The Office (2005-2015). Dit gaan oor ’n span uitgesprok­e idiote wat aaklige besluite neem en dan met gevolge sit wat nie wil wyk nie – baie soos die lyke van passasiers wat aan die begin van die reeks nie die vliegongel­uk oorleef het nie wat almal op die eiland gestrand laat.

DIE BENDE IDIOTE

Die reeks se skeppers, die broers Justin en Jordan Shipley, kon nie help nie om te wonder wat sou gebeur as ’n groep wat gedwing word om saam te oorleef net uit gewone mense be-

staan soos dié wat ons in supermarkr­ye irriteer. “Lost het gehandel oor 40 mense op ’n eiland, maar ons het elke week net sowat 12 mense gesien,” verduideli­k Justin. “En daardie 12 mense was die aantreklik­ste en die bekwaamste. Maar ons wonder altyd oor die ander 30, die mense wat sou sê: ‘Wat gaan daar aan? Ons kan julle nie hoor nie’.” Jordan voeg by: “Ons weet as ons in daardie situasie was, sou ons die eerstes wees wat sou sterf. Pleks van met die bekwaamste­s te werk het ons ’n vliegtuig vol lieftallig­e idiote verkies om te kyk wat hulle op ’n eiland doen.”

EILAND-LEWE

Soos Lost, is Wrecked op ’n regte tropiese eiland in Puerto Rico geskiet. En so absurd soos die reeks is, het die skeppers “die komedie ontgin oor wat die ware teleurstel­lings sou wees” om oorlewende­s te wees van ’n ongeluk op ’n tropiese paradys – soos om nie internet-toegang te hê nie, en die stadium te bereik waar net die onaangenam­e tjipsgeure oor is, en waar boonop met ’n komiteeste­mming oor alles besluit word. Dis geen verrassing nie dat dit gou ontaard in wraak, magsvergry­pe, politieker­y – en, ja, kannibalis­me.

 ??  ?? Die karakters (van links): die aanlynbedr­yfshoof Karen (Brooke Dillman), hippie Florence (Jessica Lowe), haar doktersvri­endin Emma (Ginger Gonzaga), sportagent Pack (Asif Ali), vlugkelner Owen (Zach Craggier), onbeholpe idioot en kamma-polisieman Danny...
Die karakters (van links): die aanlynbedr­yfshoof Karen (Brooke Dillman), hippie Florence (Jessica Lowe), haar doktersvri­endin Emma (Ginger Gonzaga), sportagent Pack (Asif Ali), vlugkelner Owen (Zach Craggier), onbeholpe idioot en kamma-polisieman Danny...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa