TV Plus (Afrikaans)

The Blacklist: Redemption

- Seisoen 1 M-Net (*101) 21:30 Aksie

Famke Janssen hou daarvan om formidabel­e karakters te vertolk. Sy is die beste bekend as die magtige mutant Jean Grey in die X-Men-flieks (2000nou), maar tans is sy op TV as die skurk wat ’n heldin geword het, Susan (Scottie) Hargrave in The Blacklist: Redemption (2017-nou). Dis die splinterre­eks van The Blacklist (2013-nou) en sy geniet die hervatting van die rol. “TV is pret, want dit beweeg vinnig,” sê sy. “Dis heeltyd beweging, anders as fliekwerk.”

1 Die 52-jarige Nederlands­e boorling wou nooit toneelspee­l nie – sy het haar “vermaakbed­ryf”-loopbaan as model begin en saam met ontwerpers soos Giorgio Armani en Chanel gewerk. 2 Sy het ook nie beplan om modelwerk te doen nie. “Ek het ekonomie aan die Amsterdam-universite­it geswot en is op straat raakgesien. Ek was eers nie seker nie, maar hoe langer ek studeer het, hoe meer het ek besef ek wou nie ’n ekonoom word nie,” sê sy. Famke het vroeg in die 1990’s die 3 loopplank verlaat en in 1995 haar eerste rol as ’n Bond-meisie gekry – sy was Xenia Onatopp in GoldenEye, teenoor Pierce Brosnan as James Bond. 4 Sy het mooi bygehou, maar ná twee gebreekte ribbes het sy ’n dubbelgang­er Xenia se aksietonel­e laat doen. 5 Famke het nie haar rol as Jean Grey in die nuwe X-Men-franchise hervat nie en sal moontlik ook nie nadat sy gesê het: “Dis interessan­t, want die vrou word vervang en die ouer weergawes word nooit weer gesien nie, maar die mans word toegelaat om albei ouderdomme te wees.” 6 Famke is in 2000, ná vyf jaar, van haar skrywerman Kip Williams geskei, en sy praat nie oor kêrels nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa