TV Plus (Afrikaans)

Sepies in die VSA, Gold Diggers, Greed & Desire

-

26

BOLD

Saul plant ’n spioenkame­ra in Coco se juweliersw­are, en Sally stuur ’n niksvermoe­dende Coco om by Forrester Creations te gaan spioeneer. Forrester se personeel omhels Coco ná ’n dapper daad, ’n afluistera­ar hoor hoe Ridge en Quinn hul trouplanne met klein RJ bespreek, en Ridge vertel die Forrester-span van sy planne vir ’n troue en ’n mode-extravagan­za in Australië. Eric het geen idee wat tussen Ridge en Quinn aangaan nie, maar Charlie is skielik agterdogti­g, en Katie is vol skuldgevoe­lens wanneer Brooke haar van haar trouplanne vertel, want sy vermoed Ridge skeer nie heeltyd gek met Quinn nie.

DAYS

Twee vaderskapg­eheime word onthul in Salem wanneer Eli Valerie dwing om te erken David was sy pa, en Steve vind uit die seun wat hy by Ava gehad het, is toe nie dood nie. Joey wroeg oor die feit dat hy sy nuwe halfbroer se ma vermoor het, en Kayla staan by Steve wanneer hy navorsing doen oor sy verlore seun. Jade word geopereer om haar pa se lewe te red, en Brady kom tot die redding wanneer Nicole in ’n netelige situasie beland terwyl sy met baba Holly vlug. Ciara sê vir Hope sy is verlief op Theo, en Justin en Adrienne kom by mekaar uit.

Y&R

Jill eis dat Colin die ring terugkry nadat hy erken het hy het die sleutel. Lauren is jammer sy het ingestem tot Victor se plan nadat Kevin Victor bel om hom te waarsku daar’s ’n probleem met hul plan: Scott het nie by die aflaaiplek opgedaag nie. Victor maak seker Scott oorleef sy beserings en kom veilig tuis, en Chelsea en Nick swig voor hul passie, maar Chelsea wil hul affair geheim hou. Ashley probeer ’n grens stel in haar verhouding met Ravi, en Devon los Hilary nadat sy ’n ultimatum aan hom wou stel. Elders wil Jack wraak neem.

 ??  ?? Joey en Steve kyk toe hoe Kayla Jade by die chirurgie-afdeling instoot.
Joey en Steve kyk toe hoe Kayla Jade by die chirurgie-afdeling instoot.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa