TV Plus (Afrikaans)

Komedie: Soap On A Rope, The Game

Soap On A Rope lig die sluier oor wat agter die skerms op ’n sepiestel gebeur.

-

Soap On A Rope Seisoen 1 Vrydae SABC3 (*193) 19:30 (vanaf 7 April)

Sepiestori­elyne het seks, skandale, drama en aksie . . . maar wat agter die skerms gebeur, is baie meer vermaaklik as ’n mens die nuwe plaaslike sitkom Soap On A Rope (2017-nou) kan glo. Die reeks handel oor die fiktiewe sepie Hard Body en die mense wat dit skep en vervaardig. “Daar’s baie bakleiery, goeie en slegte oomblikke sowel as snaaksighe­de,” sê die reeksskepp­er, Gray Hofmeyr. En hy praat van ondervindi­ng – hy was agter die kameras vir die sitkom Suburban Bliss (1996-1997) sowel as die sepie Isidingo (1998-nou). “Ek het genoeg materiaal gehad om hierdie program binne ’n program te skep.”

SPELERS MAAL TWEE

Aan die hoof van die spelers in Hard Body (en per implikasie ook Soap On A Rope) staan Luthuli Dlamini (Stan Nyathi in Scandal!, 2005-nou) as Sello. Hy is ’n eertydse Hollywoods­ter wat

homself as ’n mentor vir sy jonger medespeler­s beskou. Volgens Luthuli behoort die sitkom se kombinasie van ou en jong akteurs Soap On A Rope ’n treffer by kykers te maak. “Dit sal by oud en jonk aanklank vind.”

Luthuli is nie die enigste bekende gesig in die reeks nie. Melanie du Bois (Felicity in 7de Laan, 2000-nou), speel die grimeerkun­stenaar Zee, Sonia Mbele (sy was nog Sonia Sedibe toe sy Ntombi in Generation­s, 1994-2014 gespeel het) is die diva-aktrise Tuki, Ashish Gangapersa­d (die CIA-agent Ajay in Gold Diggers, 2015-nou) is die draaiboeks­krywer Verbal, en Alfred Ntombela (die beste bekend vir sy rolle in die komediant Leon Schuster se flieks) is Hard Body se fiktiewe speurder Masondo.

VINNIGE VERFILMING

Seisoen 1 het 13 episodes en die verfilming is binne presies soveel dae afgehandel – dit beteken gemiddeld een episode per dag. “Dit was taamlik uitdagend,” lag Luthuli. “Maar almal was cool op stel en het hul deel gedoen.” Gray voeg by: “Dit was ’n wonderlike ondervindi­ng en ek het lekker met almal saamgewerk. En as alles goed verloop, is daar die moontlikhe­id van ’n seisoen 2.”

 ??  ?? Melanie du Bois van 7de Laan-faam (heel links), wat die grimeerkun­stenaar Zee speel, en die res van die uitgelate klomp van Soap On A Rope.
Melanie du Bois van 7de Laan-faam (heel links), wat die grimeerkun­stenaar Zee speel, en die res van die uitgelate klomp van Soap On A Rope.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa