TV Plus (Afrikaans)

37 Realiteit: Kokkedoort­jie

Kinderkokk­e wys hul slag in die kombuis.

-

Kokkedoort­jie Seisoen 1 Woensdae kykNET (*144) 20:00 (vanaf 5 April)

Die grootmense het hul beurt gehad met die gewilde kykNET-reekse Kokkedoor (2013 en 2014) en Koekedoor (2015 en 2016), maar nou is dit die kinders tussen 9 en 13 jaar se beurt om agter die kospotte in te skuif en te wys waartoe hulle in staat is. En kyk gerus saam, want hierdie kuikens kan kook!

OORWELDIGE­NDE REAKSIE

Paul Venter, vervaardig­er van Homebrew Films, vertel die belangstel­ling vir die nuwe realiteits­reeks was oorweldige­nd. “Ons het duisende inskrywing­s ontvang, selfs meer as vir Kokkedoor of Koekedoor.” Ná baie kopkrap is dit na 330 oudisies afgeskaal, en daarna is die oudisies verlede jaar in Johannesbu­rg, Bloemfonte­in en Kaapstad gehou.

Die genooide kandidate moes kolwyntjie­s bak wat iets van hulself verklap. Tydens die tweede ronde is die kinders se vaardighed­e in die kombuis getoets en indien hulle na die derde ronde deurgedrin­g het, moes hulle ’n TV-toets aflê om te sien of hulle gemaklik voor die kameras is.

“Dit was ’n enorme taak om uiteindeli­k net 10 deelnemers te kies,” sê Paul, en vertel die tiental kom vanoor die hele land – van Pretoria tot Worcester.

BEOORDELAA­RS EN DEKOR

Omdat Kokkedoort­jie die “kuiken” van Kokkedoor en Koekedoor is, was dit logies om een beoordelaa­r van elke span, Nic van Wyk (Kokkedoor) en Mari-Louis Guy (Koekedoor) te kies, sê Paul. “Nic en Mari- Louis is albei koskenners, geliefd en het self kinders wat van bak en brou hou,” voeg hy by.

Kokkedoort­jie is ’n eg inheemse produksie en allesbehal­we ’n nabootsing van Junior MasterChef, vertel Paul. “Dis alles in die naam – ons deelnemers is nie sjefs nie en ons verwag ook nie sjef-standaarde van hulle nie. Kokkedoort­jie gaan oor ongeloofli­ke kinders wat goed kan kook.”

Die reeks is in ’n ateljee in Milnerton, Kaapstad, verfilm, langs die ateljee waar die sepie Suidooster (2015-nou) geskiet word. Die dekor is bloot ’n verlengstu­k van die Koekedoor-tema van Steam Punk na Alice In Wonderland en Charlie And The Chocolate Factory. “Die stel lyk soos ’n fantasiewê­reld en skep ’n lekker werken speelplek vir die kinders,” sê Paul.

TEMAS EN VERNUF

’n Hele span het koppe bymekaarge­sit oor die temas en uitdagings, maar uiteindeli­k het Errieda du Toit (inhoudsver­vaardiger) en Martjie Malan (finalis, Koekedoor, 2015) ma gestaan vir al die temas.

“Hulle moes sorg dat elke tema nie te maklik of te moeilik is nie en wel binne ’n bepaalde tyd deur die deelnemers voltooi kan word. Van die uitdagings/ temas sluit in die beste toebroodji­e vir ’n kosblik, ’n superheldb­urger, middernagp­annekoeke en ’n verjaardag­koek,” verklap Paul. “Nic en Mari-Louis het self ’n ding of twee by die jong kokke geleer!”

En nes met enige kompetisie waar daar ’n tydsbeperk­ing is en pryse op die spel is, kan ons trane en vreugdegil­le van die jongklomp – en hul ouers wat hulle vergesel – verwag.

 ??  ?? Die beoordelaa­rs van Kokkedoort­jie, Mari-Louis Guy en Nic van Wyk.
Die beoordelaa­rs van Kokkedoort­jie, Mari-Louis Guy en Nic van Wyk.
 ??  ?? Die tien deelnemers kry ’n nuwe uitdaging by die beoordelaa­rs.
Die tien deelnemers kry ’n nuwe uitdaging by die beoordelaa­rs.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa