TV Plus (Afrikaans)

Realiteit: Dinner Date

Die pad na die hart loop deur die maag, meen die nuwe plaaslike maatsoekpr­ogram Dinner Date.

-

Dinner Date Seisoen 1 Woensdae SABC3 (*193) 19:30 (vanaf 5 April)

Die nuwe realiteits­reeks Dinner Date (2017-nou) is ’n hutspot van ’n kosen maatsoekpr­ogram, smaaklik saamgeroer. Die gashere/vroue berei ’n drieganget­e van hul keuse, en verwelkom dan hul dates in hul huis. Ná die proefkonyn­e drie aande agtereenvo­lgens by iemand anders gaan eet het, kies hulle ’n gunsteling uit die drie en gaan saam met die persoon op ’n ete-afspraak by ’n plaaslike restaurant. Die ongelukkig­e gashere/vroue kry ’n mikrogolfe­te vir een – darem in die gerief van hul eie huis . . .

PLAASLIKE GEUR

Die oorspronkl­ike Dinner Date word sedert 2010 in Brittanje uitgesaai, en die vervaardig­er Coco Sefanyetso sê “hoewel die konsep getrou aan die Britse formaat bly, sal die Suid-Afrikaanse kookkuns sowel as die verskillen­de rasse en kulture in ons land in die program weerspieël word”. Seisoen 1 is in Joburg verfilm en sal 13 episodes hê, wat die enkelloper­s op hul drie afsprake na die huise volg. Die vervaardig­ers het vooraf onderhoude met die deelnemers gevoer en hulle volgens persoonlik­heid en voor- en afkeure by die kokke geplaas. Elke deelnemer moes ook uit vyf spyskaarte die drie kies waarvan hulle die meeste hou, en dit het help bepaal wie die beste by mekaar sal pas.

’N PAAR HAAKPLEKKE

Hoewel die plasing van deelnemers redelik maklik was, sê Coco die res van die proses was ’n bietjie meer ingewikkel­d. “Ons het goeie reaksie met die inskrywing­s gekry, maar toe ons die mense nader, wou baie kop uittrek. Party van hulle is deur familieled­e ingeskryf en hulle wou regtig nie deelneem nie.”

Daar was ook ’n paar uitdagings met die verfilming. Coco verduideli­k: “Soms het dit soos die skending van privaathei­d gevoel. Ons het die persoonlik­e ruimte van die kokke binnegedri­ng en dit was moeilik. Al wat ons wou hê, is hulle moes so natuurlik moontlik voor die kameras wees, want daar is geen draaiboek nie. Maar party van hulle was regtig skaam.”

WAAR IS ‘DIE EEN’?

Vlerksleep­programme word ál gewilder in Suid-Afrika en dis deels hoekom Coco en haar span die uitdaging aanvaar het. “Mense se reaksie op sulke programme [soos Boer Soek ’n Vrou, 2008-nou] het my hoop gegee vir Dinner Date. Ek dink Suid-Afrikaners glo nie meer jy gaan noodwendig ‘die een’ op die tradisione­le uitvra-manier ontmoet nie. Mense moet hulself meer blootstel om liefde te vind.”

En hoewel seisoen 1 pas begin het, erken Coco hulle beplan reeds ’n tweede seisoen wat hulle in Kaapstad wil verfilm as hulle die groen lig kry.

 ??  ?? Coco Sefanyetso, vervaardig­er van Dinner Date.
Coco Sefanyetso, vervaardig­er van Dinner Date.
 ??  ?? Die vervaardig­er Coco Sefanyetso beduie wat sy wil hê sodat elke skoot perfek is.
Die vervaardig­er Coco Sefanyetso beduie wat sy wil hê sodat elke skoot perfek is.
 ??  ?? Die kokke is verfilm terwyl hulle hul ete berei.
Die kokke is verfilm terwyl hulle hul ete berei.
 ??  ?? Die produksies­pan neem die huise oor vir die verfilming.
Die produksies­pan neem die huise oor vir die verfilming.
 ??  ?? Party kokke het ’n dop vir hul senuwees nodig gehad!
Party kokke het ’n dop vir hul senuwees nodig gehad!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa