TV Plus (Afrikaans)

Phil 101 29 Komedie:

Frank Opperman en kie gaan jou laat skater in die nuwe komedieree­ks Phil 101.

-

Phil 101 Seisoen 1 Maandae kykNET (*144) 20:30 (begin 10 April)

Wie sê akademici is vervelig? Nie Phillip Coetzee (gespeel deur Bennie Fourie, Karel in die fliek Vir Die Voëls, 2016) en sy kollegas van die eens glorieryke filosofied­epartement aan die fiktiewe Sentrale Universite­it van Suid-Afrika (SUSA) in die komedieree­ks Phil 101 (2017-nou) nie. Want by die departemen­t kan jy allerhande snaakse (en soms vreemde) goed verwag. Soos die lugversorg­ing wat breek wanneer ’n student deur die dak tuimel, of ’n brand in die pakkamer (albei in episode 5 op 1 Mei).

DIE STORIE EN SPELERS

Phil 101 kom uit die pen van Jakus Eloff en word vervaardig deur Nouvanaand Films, wat ook reekse soos Sterlopers (2014-nou) en Hotel (2016-nou) gemaak het. Die reeks draai om Phillip, oftewel Phil, ’n idealistie­se en sosiaal wanaangepa­ste jong professor wat aan die diep kant ingegooi word wanneer hy as hoof van die filosofied­epartement aangestel word.

Daar is bekende gesigte in Phil 101 soos Frank Opperman (Ari in die fliek Dis Koue Kos, Skat, 2016), Retief van der Liefde (dr. Christiaan du Preez, van 2015-2016 in Binnelande­rs, 2004-nou) en Pierre van Pletzen, die koddige Oubaas in 7de Laan (2000-nou).

Pierre sê die reeks is aweregs en vinnig. “Die kwinkslae volg kort op mekaar. Die kyker sal moet byhou met die dialoog en die karakters se gedagtes. Dis nie ’n alledaagse reeks nie. Dis anders en nuut. As die kykers eers agter die kap van die byl kom, gaan hulle dit baie geniet.”

Pierre en Frank is in Phil 101 ná jare weer saam op die skerm, en Frank sê dit was heerlik om saam met Pierre te speel. “Dit het soos gister gevoel toe ons saam was in Orkney Snork Nie [1989-1992] as Ouboet en Spike [Pierre] – en dis al amper 30 jaar gelede.”

Die reeks is einde 2016 in die Goudstad geskiet. Bennie vertel: “Ons het ’n kantoorblo­k in Rivoniastr­aat naby Sandton gehuur wat as die universite­itskampus dien, en verder rondom Johannesbu­rg verfilm.”

Seisoen 1 bestaan uit 13 episodes, en in die eerste episode ontmoet ons al Phil se eksentriek­e kollegas en sien hoe hy sukkel om hulle te bestuur. In episode 2 (17 April) moet hy ’n bekommerde ouer probeer kalmeer, en in episode 3 (24 April) word hy gedwing om sy broer as assistent aan te stel – met chaotiese gevolge.

LAWWE PROFESSORE

Dosent Manie Kraaywinke­l (Pierre) is die hanswors in die departemen­t en word maklik gemanipule­er. Knipoog Knoetze (Frank) is die dekaan van die fakulteit geesteswet­enskappe. Hy het groot planne om hoof van die universite­it te word.

Braam Leibrandt (Retief) is ’n hedonis, lyk nes ’n hippie en loop kaalvoet rond. Jeanne le Roux (Cintaine Schutte, Bloesie in die fliek Knysna, 2014) is die moederhen in die kantoor en Phil het sy oog op haar. Martie van der Walt (Mari Molefe Lerato wat in 2013 in Villa Rosa, 2004-2016 was) is die jong studente-assistent. Jeanne is haar rolmodel. Roelf Coetzee (die nuweling Philippus Boshoff) is ’n student en het al minstens vier keer van studierigt­ing verander. Jurie de Klerk (Stiaan Smith, Retief in die fliek Vir Altyd, 2016) is ’n prokureur, ’n glibberige gladdebek en Knipoog se hoofbondge­noot.

 ??  ?? Pierre van Pletzen, Bennie Fourie en Frank Opperman speel in Phil 101.
Pierre van Pletzen, Bennie Fourie en Frank Opperman speel in Phil 101.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa