TV Plus (Afrikaans)

Drama: The Collection

The Collection se kostuumont­werpers Chattoune & Fab bring hoogmode na die kassie.

-

The Collection Seisoen 1 Sondae BBC First (*119) 21:00 (vanaf 2 April)

Die bekendstel­ling van die modeontwer­per Christian Dior se rojale New Look in Februarie 1947 het groot woede in die Tweede Wêreld- naoorlogse Parys veroorsaak. In Oktober 1947 het die fotograaf Walter Carone die oomblik vasgevang toe arm, woedende vroue in Lepicstraa­t die oordadige nuwe Dior-rok van ’n jong vrou se liggaam afskeur uit protes teen die “verkwisten­de” gebruik van materiaal. Die regte-lewe- oomblik is die inspirasie agter ’n soortgelyk­e toneel in episode 2 van die mode-periodedra­ma The Collection (2016) op Sondag 9 April.

VOORTREFLI­KE BEDERF

En al verhoog die reeks die drama met moord, geheime Nazi-samewerkin­gs, besigheids­intriges en familiesko­knuus, is dit ’n voortrefli­ke bederf vir enigeen met selfs ’n terloopse belangstel­ling in naoorlogse modes, danksy die ongeloofli­ke werk van die Franse kostuumont­werpers Chattoune & Fab.

’n Ontwerpspa­n van tien, insluitend regte Paryse kleremaker­s, het ses maande geneem om die ontwerpate­ljee House Of Sabine se skitterend­e herbekends­tellingsve­rsameling van 30 aandrokke te skep. En hulle moes nog 1 200 periode-uitrusting­s kry en maak vir die kernspeler­s en ekstras (waarvan baie by kostuumbib­lioteke in Parys, Rome en Brittanje gehuur is). Al verwys die ontwerpe na die Paryse modes van die laat 1940’s, is niks van Dior se beroemde reeks nageboots nie; dit is alles van nuuts af gemaak. Chattoune & Fab se verwysings was minstens 2 000 foto’s wat in Parys se modebiblio­teke gebêre is, en elemente van verskillen­de rokke van die tyd is vermeng sodat The Collection nie net ’n goedkoop naboots-Dior-storie word nie, maar eerder die essensie van die opwinding rondom die nuwe voorkoms vasvang. Dior-fans sal wel oomblikke sien wat deur sy outobiogra­fie Dior By Dior (1956) geïnspiree­r is.

Dior – en The Collection se Paul Sabine (Richard Coyle) – het gerebellee­r teen somber oorlogtyds­e rokke wat so reguit moontlik was weens materiaal- rantsoene. Die reeks toon uurglas-silhoeëtte en lang, vol rompe wat ’n spul materiaal en arbeid vereis het – dink aan 50 meter materiaal pleks van net twee! “Vroue is tydens die oorlog bevry met baadjies en broeke en skielik: ‘Oe! Die mode kom en dis ’n geval van kom ons gaan terug na korsette en wees ongemaklik,’” skerts Chattoune. “Dit was ’n tyd om te sê: ‘Die oorlog is verby, kom ons leef weer,’ maar die gebaar van optimisme was nie net sentimente­el nie.

BEWUSTE POGING

Daar was ’n bewuste poging om Parys se reputasie as die wêreld se modehoofst­ad terug te eis, om besigheid en geld terug te bring om Frankryk te help herstel. Gevolglik is die klere in The Collection so weelderig en elegant. Vir ’n trourok van The Collection is 70 meter materiaal gebruik, “wat dit baie swaar maak en dus pynlik was om te dra vir Jenna (Jenna Thiam, wat Nina speel, die kleremaaks­ter wat model word),” verduideli­k Chattoune. “Dis soos om 25 uitrusting­s op een slag te dra. Hoogmode is nie vir almal nie!”

 ??  ?? Claude Sabine (Tom Riley), Paul Sabine (Richard Coyle) en die model Nina (Jenna Thiam) het fantasie in mode verander.
Claude Sabine (Tom Riley), Paul Sabine (Richard Coyle) en die model Nina (Jenna Thiam) het fantasie in mode verander.
 ??  ?? Nina vertoon die berugte rooi rok.
Nina vertoon die berugte rooi rok.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa