TV Plus (Afrikaans)

Realiteit: Survivor

Survivor: San Juan Del Sur toets 18 nuwe deelnemers. Wie gaan oorleef?

-

Survivor: San Juan Del Sur Seisoen 29 Dinsdae SABC3 (*193) 19:30 (vanaf 4 April)

Die kanniedood-program Survivior (2000-nou) is met ’n paar verrassing­s terug in seisoen 29, nou op Dinsdagaan­de op SABC3 (ná 28 seisoene op Maandae). Dit sluit in die terugkeer van Exile Island (11 seisoene gelede laas gesien), en die nuwe Day Zero-episode, waartydens die pare nag 1 alleen saam deurbring voor hulle in die Coyopa- en Hunahpu-stamme verdeel word. “Ons het die geliefdes teenoor mekaar opgestel,” sê Jeff Probst, oudergewoo­nte die aanbieder. “En daar is van dag 1 af konflik!”

Jeff sê: “Hulle word Barbie en Ken genoem maar hulle gaan nie as ’n paar deelneem nie. Jaclyn gaan verras wees oor hoe Jon verander wanneer hy haar nie in ag hoef te neem nie.”

Gaan hulle oorleef? “Dalk, dalk nie.”

Paartjie Reed Kelly (31) en Josh 3 Canfield (32), akteurs en sangers Jeff sê: “Hulle is twee van my gunsteling­e. Josh sal maklik alliansies vorm, maar Reed raak te gou opgewonde.” Gaan hulle oorleef? “Ek hoop hulle sal. Maar dit gaan moeilik wees.”

Broers Drew (25), ’n verkoopsma­n, 4 en Alec (22) Christy, ’n student, Jeff sê: “Drew is windmakeri­g en dit gaan sy grootste struikelbl­ok wees. Alec lyk na die buiteperd en ek dink hy’t iets om aan Drew te bewys.” Gaan hulle oorleef? “Alec sal sy broer verbysteek; iewers in die middel vir hulle.”

Getroud Jeremy (36), brandweer5 man, en Val (35) Collins, polisievro­u Jeff sê: “Dis wonderlik om hulle te hê – haar vaardighed­e sal getoets word en ons weet wat brandweerm­anne kan doen. En Jeremy is so aangenaam.” Gaan hulle oorleef? “Te gaaf . . . nee.”

Pa en seun Keith (53) en Wes (23) 6 Nale, albei brandweerm­anne Jeff sê: “Soos vinkel en koljander – jy sien die pa in die seun en andersom. Kykers sal aanklank vind by hulle.” Gaan hulle oorleef? “Keith se ervaring kan hom tot die einde neem.”

Tweeling Nadiya en Natalie (28) 7 Anderson, CrossFit-afrigters Jeff sê: “Albei was in Amazing Race [seisoene 21 en 24, 2012 en 2014], en ek’s beïndruk wanneer mense doelgerig kom deelneem.” Gaan hulle oorleef? “Hulle verstaan ‘die spel’, dus gee ek hulle ’n goeie kans.”

8 Ma en dogter Missy Payne (47), eienaar van ’n rasieleier­gimnasium, en die student Baylor Wilson (20) Jeff sê: “Missy was al in baie verhouding­s en word nie deur mans geïntimide­er nie. Baylor kan dieselfde wees.” Gaan hulle oorleef? “Moenie hul kanse geringskat om tot die einde te bly nie.”

9 Pa en dogter Dale (55), ’n boer, en die bemarkings­bestuurder Kelley (28) Wentworth Jeff sê: “Dale is van sy vrou geskei toe Kelly klein was en het weer getrou. Ek dink daar was konflik en Kelly wil hul band herstel. Of sy kan reken dis tyd om hom terug te kry en hom uitoorlê.” Gaan hulle oorleef? “Ek’s nie baie optimistie­s daaroor nie.”

 ??  ?? Jeff Probst is weer in beheer van sake.
Jeff Probst is weer in beheer van sake.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa