TV Plus (Afrikaans)

Broken Vows

Troues is deel van die familie se nalatenska­p in Broken Vows.

-

Broken Vows Weekdae e.tv (*194) 20:00

Dit gaan alles oor die troudag in die nuwe telenovell­e Broken Vows (2017-nou), wat handel oor die Moswanes en hul troubeplan­ningsbesig­heid, Yours Truly Wedding Concepts. Dit speel af in Midrand, Gauteng, en sentreer om die susters en beste vriendinne Azania en Thandi (Enhle Maphumulo en Jo-Anne Reyneke), wat nou die ondernemin­g bestuur wat hul ma, Mam Gertrude (Thembi Mtshali-Jones), begin het. “Troues is vol aksie en ons wou die mense vasvang wat lewe gee aan die geleenthed­e,” sê die vervaardig­ers Genna Lewis en Sunni Saba. Maar die drama strek verder as drapeersel­s, spysenieri­ng en konfetti na die persoonlik­e lewens van die Moswane-familie en vriende, soos . . .

Die matriarg Mam Gertrude (Thembi Mtshali-Jones) lei deur haar voorbeeld. Sy’s vasberade en plaas druk op haar kinders om suksesvol te wees.

Thandi (Jo-Anne Reyneke) is die senior troubeplan­ner. Sy is as 15-jarige aangeneem en wil haar sus elke keer oortref.

Azania (Enhle Maphumulo) is die baba van die familie en is meer kreatief as haar ousus. Sy is getroud met ’n gewese sokkerspel­er,

Chris (Emmanuel Castis). Hulle werk hard om Mam Gertrude gelukkig te hou en beplan om met ’n gesin te begin.

Uhuru (Thapelo Mokoena) is Mam Gertrude se ondersoeke­nde-joernaliss­eun wat trots is daarop om die waarheid te praat. “Uhuru is vreesloos en betroubaar, maar hy wil almal tevrede stel, tot sy nadeel,” sê Thapelo.

Ace (Sello Sebotsane) is Mam Gertrude se oudtronkvo­ëlman wat hoop om sy familie terug te wen. Hy’s manipulere­nd en lieg vir sy kinders om hulle aan sy kant te kry.

Lydia (Nomsa Nene) is Thandi se onverantwo­ordelike biologiese ma wat die Moswanes blameer vir haar swak verhouding met haar dogter. Lydia sal byna enigiets doen om op goeie voet met Thandi te wees. Die vurige Lulama (Nambitha Ben-Mazwi) is ’n aspirant-ontwerper wat die trouklere-afdeling van die familiebes­igheid behartig.

 ??  ?? Azania (links) en haar suster Thandi bestuur hul familie se troubesigh­eid.
Azania (links) en haar suster Thandi bestuur hul familie se troubesigh­eid.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa