TV Plus (Afrikaans)

HIER VOLG DIE NUUS

-

Days Of Our Lives (1965-nou, meer op bl. 17) se moeilikhei­dmaker Nicole Walker het genoeg gehad – die aktrise Arianne Zucker gaan vir goed weg (weer eens) ná sy sedert 1998 ’n aan-afspeler was. Sy’t die eerste keer in 2006 bedank, maar in 2008 teruggekee­r en daarna drie Daytime Emmy-pryse gewen. Arianne sê in ’n verklaring op haar webtuiste: “Daar is duisende meisies wat graag die rol sal wil hê, maar vir my het die tyd gekom om te groet.” En sy voeg by: “Hoewel niks ooit permanent is en ek nie graag sê nooit nie, is dit koebaai vir nou. Ek sal julle op ander plekke as ander karakters sien en ek is opgewonde oor my pad vorentoe.” Jane Lynch het nie veel gehad om oor te sing sedert die musikale dramedie Glee (2009-2015) ten einde geloop het nie. Haar laaste reeks – die donker komedie Angel From Hell (2016) – is ná net vyf episodes van die lug af gehaal, maar dinge lyk nou rooskleuri­ger. Jane het ’n rol gekry in die loodsepiso­de vir die komedie Relatively Happy (beplande uitsending later in 2017) oor twee volwasse sibbes wat ná die een se verlies saam intrek. Jane sal die skeiprokur­eur Bobbi speel – die skrywers wou aanvanklik ’n manskarakt­er hê, maar het besluit “Jane sal perfek wees” ná hulle haar ontmoet het. Musieklief­hebbers moet hul oë oophou wanneer die fantasiere­eks Game Of Thrones (2011-nou) in Julie vanjaar vir seisoen 7 terugkeer – die Castle On The Hillsanger Ed Sheeran het ’n kameerol gekry “as ’n verrassing vir Maisie [Williams, wat Arya Stark speel en ’n fan van Ed is]”, sê die reeksskepp­er David Benioff. Ed speel glo een van die zombies. Soos in die tvplus van 1 Maart berig, het Nick Cannon bevestig hy’t die realiteits­talentprog­ram America’s Got Talent (2006nou) verlaat. En sy opvolger is aangewys – die AGT-beoordelaa­r Howie Mandel het getwiet: “Verwelkom Tyra Banks by die NBCAGT-familie! Sy’s ons nuwe aanbieder!” Gelukkig sal Tyra gou tuis voel – sy was die aanbieder en een van die beoordelaa­rs van die realiteits­program America’s Next Top Model (2003-nou) vir 22 van die 23 seisoene. Dit is nie ’n “bazinga!”-oomblik van Sheldon [dus ’n grap] nie – die nerdy komedieree­ks The Big Bang Theory (2007-nou) se splinterre­eks is deur die CBS-netwerk opgeraap en het ’n kreatiewe titel gekry: Young Sheldon. Dit is die voorloperr­eeks tot die bekroonde sitkom wat deur Chuck Lorre geskep is, en sal Sheldon Cooper as ’n negejarige in Oos-Texas volg. Big Bang se Sheldon – Jim Parsons – sal die uitvoerend­e vervaardig­er en verteller wees, en die jong Sheldon sal gespeel word deur Iain Armitage (Ziggy in die dramareeks Big Little Lies, 2017). Die countrymus­iekdrama Nashville (2012-nou) het bevestig Rachel Bilson (Summer in die dramareeks The O.C., 2003-2007) en Kaitlin Doubleday (Rhonda in die musiekdram­areeks Empire, 2015-nou) sal hulle in die middel van seisoen 5 by die reeks aansluit. Rachel het ’n foto van haarself saam met Chris Carmack ( Will Lexington in die program) op Instagram geplaas en geskryf: “Welkom in Nashville B******… Dis hoe dit in Tennessee gedoen word!” [’n verwysing na een van Chris se sêgoed as Luke in The O.C.; hulle was medespeler­s]. Die donker komedie Better Call Saul (2015-nou) bring die groot kanonne in terwyl die voorloper tot die dramareeks Breaking Bad (2008-2013) voortrol. Fans kan uitsien na die dwelmbaas-restaurant­eienaar Gus Frings (Giancarlo Esposito) wat in seisoen 3 in 2017 opduik, en volgens gerugte gaan Bryan Cranston sy rol as Walter White hervat – hoewel dit dalk vir seisoen 4 gehou sal word as die reeks hernu word.

 ??  ?? Arianne Zucker groet Days.
Arianne Zucker groet Days.
 ??  ?? Rachel Bilson en Chris Carmack.
Rachel Bilson en Chris Carmack.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa