TV Plus (Afrikaans)

Beter kykgenot

E.tv kikker sy programroo­ster en TV-aanbod op . . . en die kanaal is nie die enigste wat sy rooster verander nie!

-

“Ons het na ons kykers geluister en ons gee hulle wat hulle wil hê. Hou ons dop – groot dinge is aan die kom,” sê Marlon Davids, besturende direkteur (BD) van e.tv se kanaalafde­ling, oor die foon. Die gratis uitsaaipla­tform het “die afgelope jaar ’n beduidende hoeveelhei­d navorsing gedoen” ná hul opknapping in 2015 en hul BD sê: “Ons dink ons het die perfekte balans tussen wonderlike plaaslike inhoud en bekende internasio­nale aanbieding­s.”

Vanaf April 2017 sal e.tv hul aanbod op OpenViewHD uitbrei met eExtra en True African, en hulle is ook “baie toeganklik” vir bespreking­s met ander platforms om hul kanale te dra (eKasi+ is vernuwe as eExtra en eNolly as True African). eExtra sal die episodes van plaaslike reekse soos Scandal! (2005nou) en Rhythm City (2007-nou) uitsaai die dag nadat dit op e.tv verskyn het, tesame met ander internasio­nale reekse. eMovies Extra is ook verlede jaar in Oktober bekendgest­el en het bewys dit is ’n sukses op die kanaal – “Om twee fliekkanal­e in die OpenView HD-pakket te hê is ’n belangrike skuif,” verduideli­k Marlon. “Op e.tv is daar Saterdagaa­nde ’n kindervrie­ndelike fliek soos The Smurfs. As jy nie lus is daarvoor nie, kan jy nou byvoorbeel­d ’n komedie met ’n volwasse tema op eMovies+ kyk, en op eMovies Extra is daar aksie of drama. Drie kanale – drie flieks – alles gratis.” [Die OpenView HD-dekodeerde­r kos ’n eenmalige R399, met gratis maandeliks­e intekening.]

LOCAL IS LEKKER

Die kanaal hou die sosiale media fyn dop, en Marlon voeg by dis ’n blitsbarom­eter: “Ons kykers laat van hulle hoor en die interaksie het ons teruggebri­ng na ons kernpilaar: Daar moet elke aand iets wees om te kyk.” En ’n groot deel daarvan is hul sepies, wat ook ’n nuwe voorkoms kry . . . soort van. Die mynreeks Gold Diggers (2015-nou) wat op Vrydag 7 April eindig, word op 10 April om 20:00 vervang deur Broken Vows (lees meer op bl. 24). Dit speel in ’n Joburgse trou-ondernemin­g af en daar is puik akteurs soos Thembi Mtshali-Jones, Jo-Anne Reyneke, Thapelo Mokoena en baie ander wat vir drama- en sepieaksie sorg.

OORSESE TREFFERS

Maar daar moet balans wees, en e.tv het hard daaraan gewerk. “Internasio­naal is so belangrik soos plaaslik,” sê Marlon. Die aksiedrama Ray Donovan (2013-nou) is in 2016 bygevoeg, asook die dramedie Devious Maids (20132016). Vanjaar is die drama How To Get Away With Murder (2014-nou) bygevoeg. “Ons kry in April ook The Fixer [sien die volgende uitgawe van tvplus, te koop vanaf 7 April],” sê Marlon. “Daar is meer as 7,9 miljoen huishoudin­gs wat nie DStv het nie en ons kan hulle bedien. Die potensiaal vir kykers om hierdie reekse te sien is enorm!”

 ??  ?? Die kanaal e.tv saai ook bekende internasio­nale TV-reekse soos Devious Maids en How To Get Away With Murder uit. e.tv se besturende direkteur Marlon Davids.
Die kanaal e.tv saai ook bekende internasio­nale TV-reekse soos Devious Maids en How To Get Away With Murder uit. e.tv se besturende direkteur Marlon Davids.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa