TV Plus (Afrikaans)

Is dit tjoekie toe?

Tommie word vir dronkbestu­ur gearrestee­r.

-

Getroud Met Rugby Weekdae kykNET (*144) 18:30

Tommie Bekker (Arno Greeff) het vroeg vanjaar uiteindeli­k besef wat sy roeping is – entreprene­urskap – en in alle erns begin studeer. Sodoende kon hy gaandeweg ontslae raak van sy gewraakte swartskaap­status in die Bekker- gesin. Maar op Dinsdag 4 April word hy vir dronkbestu­ur gearrestee­r, en daai swart skaap doem weer op . . .

NET DRIE BIERE . . .

Dis ’n gesellige Dinsdagaan­d [4 April] by die plaaslike kuierplek Potties, en Tommie en sy vriendin, die pompondans­eres Silvia (Nastassja Pretorius), kuier saam met ’n bier in die hand. Een bier word twee, twee word drie en dan is dit tyd om huis toe te gaan.

“Silvia raai aan hulle moet ’n taxi huis toe neem, maar Tommie sê hy is nie dronk nie en kan sy eie motor bestuur,” vertel Nastassja. Soos te wagte word hulle van die pad afgetrek, en Tommie word gearrestee­r en aangehou op aanklag van dronkbestu­ur.

Arno sê Tommie is bang en kwaad, want hy voel hy het nie te veel gedrink nie. “Maar nou is hy vir die eerste keer regtig in die moeilikhei­d – en dis nie ’n grap nie.”

TOT DIE REDDING

Die volgende dag, op Woensdag 5 April, kom die Strydersru­gbyspeler Blitz ( Werner Coetser), Tommie se suster Lorette (Ilse-Lee van Niekerk) se vriend, tot sy redding en betaal sy borgtog.

Tommie is vreesbevan­ge sy ouers gaan van die affêre uitvind, en hy smeek Blitz om hom te help om uit die moeilikhei­d te kom. “Blitz gee vir hom ’n kontaknomm­er van ’n prokureur wat kan help, en moedig Tommie aan om oop kaarte met sy ouers te speel,” sê Arno.

OP DIE ROTSE?

Tommie het teen Donderdag 6 April steeds nie die moed bymekaarge­skraap om sy ouers, Gideon (David Vlok) en Nina (Jocelyn Broderick), van sy inhegtenis­neming te vertel nie. En dit veroorsaak probleme in sy verhouding met Silvia.

“Silvia glo nie in geheime nie en kan nie verstaan hoekom hy vir sy ouers bly jok nie,” sê Nastassja. “Een van haar waardes is om altyd die regte ding te doen – en dit lyk vir haar of Tommie aspris nie wil nie. As hy so aangaan, kan dit die einde van hul verhouding beteken.”

Op Maandag 11 April vind ’n senuagtige Tommie – en ons – uit wat die onmiddelli­ke toekoms inhou wanneer hy in die hof verskyn.

 ??  ?? Silvia wil hê Tommie moet eerlik wees. Tommie beland in ’n groot dilemma en sukkel om sy ouers te vertel.
Silvia wil hê Tommie moet eerlik wees. Tommie beland in ’n groot dilemma en sukkel om sy ouers te vertel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa