TV Plus (Afrikaans)

Tyd om terug te baklei

Vince sleep sy eks Cecile hof toe om toegang tot sy seun Christophe­r te kry.

-

7de Laan Weekdae SABC2 (*192) 18:00

Sedert hy in 2015 uitgevind het hy het ’n seun, het die sjef Vince (Jacques Blignaut) daarna gehunker om deel van sy kind se lewe te wees. Maar sy eks Cecile (Chantal Stanfield) het met hul seun, Christophe­r, verdwyn en alle kontak verbreek. Nou het die tyd vir Vince aangebreek om terug te kry wat syne is, en op Maandag 3 April dagvaar hy Cecile om toesig oor Christophe­r.

EIS VIR TRUSTGELD

Vince se skoonma, Charmaine (Vinette Ebrahim), kom op Woensdag 29 Maart agter iets pla Vince wanneer hy diep ingedagte in Oppiekoffi­e kom sit.

“Vince vertel Charmaine hy het uit die bloute van Cecile se prokureur, Lesedi [KB Motsilanya­ne], gehoor,” sê Jacques. “Cecile eis geld uit die trust wat sy oorlede pa, Neville [Zane Meas], vir sy kleinkinde­rs geskep het. Cecile wil blykbaar die geld gebruik om te betaal vir ’n operasie wat Christophe­r nodig het. Maar Vince vertrou Cecile glad nie en wonder of sy nie net haar hande op die geld wil kry nie,” vertel Jacques.

PROKUREUR TEEN PROKUREUR

Bonita (Hildegardt Whites), Vince se vrou, is op Vrydag 31 Maart baie besorg wanneer sy agterkom hy het die vorige nag omtrent niks geslaap nie.

“Vince speel oop kaarte en vertel haar van Lesedi se oproep en dat daar ’n eis vir ’n uitbetalin­g uit die trust is. Hy verwag Bonita gaan geskok en woedend reageer, soos toe hy haar die eerste keer [in 2015] van Christophe­r vertel het. Maar wonder bo wonder is Bonita verstandig en moedig hom aan om vir sy seun te baklei,” sê Jacques.

Later die dag gaan sien hulle die prokureur André (Marcus Muller) om te hoor watter toesigregt­e Vince het. André is baie positief, en op Maandag 3 April kontak hy Lesedi om te onderhande­l, maar sy lig hom in Cecile weier enige vorm van toesig aan Vince.

Dit maak Vince net nog meer vasbeslote om deel van sy seun se lewe te wees, en hy wil sommer dat André die saak hof toe neem.

Maar op Maandag 11 April besef Vince met wie hy te doen het. Lesedi is ’n gedugte prokureur wat die paadjie na toesig oor Christophe­r nog baie moeilik gaan maak . . .

WAT LAAS GEBEUR HET

In 2015 het dit op die lappe gekom Vince het ’n seun, Christophe­r, by Cecile, die vrou van ’n skatryk sakeman. Sy het haar eggenoot oortuig hy is die pa. Later is die sakeman dood en het al sy geld aan Cecile nagelaat. Sy en Christophe­r is daarmee vort en Vince het sedertdien geen kontak met sy kind gehad nie.

DIE VROU AGTER LESEDI

Die R&B-sangeres en aktrise KB Motsilanya­ne, wat in 2007 die rol van Lucille in die sepie Rhythm City (2007-nou) vertolk het, speel die vurige prokureur Lesedi. KB het in Januarie vanjaar deel van die 7de Laan-familie geword en sê sy was “starstruck” deur Matrone (Annelize van der Ryst-Hattingh). “Dit was wonderlik om haar vir die eerste keer in lewende lywe te sien,” sê KB. Lesedi gaan nog ’n hele paar maande in die Laan te siene wees. Volgens KB is Lesedi “dinamies en hanteer elke saak op grond van meriete. En Lesedi weet selfs nie eens hoe ver sy sal gaan om te kry wat haar kliënt, Cecile, wil hê nie.”

 ??  ?? Cecile, Vince se eks. Vince wil ’n pa vir sy seun wees en gaan nie die aftog blaas nie.
Cecile, Vince se eks. Vince wil ’n pa vir sy seun wees en gaan nie die aftog blaas nie.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa