TV Plus (Afrikaans)

Droomwêrel­d

Xander moet bontstaan wanneer Vanessa kop verloor.

-

7de Laan Weekdae SABC2 (*192) 18:00

Die mallemeule­rit waarop Vanessa (Ingrid Paulus) en Xander (Theo Jantjies) is, wil net nie tot ’n einde kom nie. Sedert hul dogtertjie, ertjie, KarKar men (Gabriella Linton), tydens ens hul huwelikshe­rdenkingsf­ees es [op Donderdag 9 Maart] ontvoer is, het die hartseer Vanessa oorweldig. Tot so ’n mate dat sy op Vrydag 24 Maart ’n dogtertjie steel wat sy dink Karmen is. En Xander moet oet op Woensdag 29 Maart alles in sy vermoë doen om te keer dat die ouers van die kind sy vrou van ontvoering aankla.

VERSTEURDE VANESSA

“Dit was ’n vreemde ervaring vir Vanessa,” vertel Ingrid. “Sy was oortuig daarvan die dogtertjie wat sy gesteel het, is Karmen. Dit was asof ’n blinddoek oor haar oë getrek is, en sy het nie die kind se gesig gesien nie, maar Karmen s’n.”

Toe Xander haar uiteindeli­k op Dinsdag 28 Maart uit haar droomwêrel­d ruk en oortuig dis nie Karmen nie, was Vanessa dronkgesla­an. “Sy was geskok en kon nie glo sy het die kind sommer gevat nie,” sê Ingrid.

’n Polisiebea­mpte daag op Woensdag 29 Maart op om Vanessa op aanklag van ontvoering in hegtenis te neem. “Xander probeer beswaar aanteken, maar as ’n prokureur ken hy die prosedures. Al wat hy dus kan doen, is om saam met Vanessa na die polisiekan­toor te gaan in die hoop om vir haar borgtog te kry,” sê Ingrid. Charmaine (Vinette Ebrahim), Vanessa se ma, is stomgeslaa­n wanneer sy lat later die dag hoor haar kind is ag agter tralies. Xander is ook on ontsteld, maar hy beraam ’n p plan en kontak die ma van d die kind wat Vanessa aankla e en reël om haar die aand b by ’n restaurant te ontmoet. Ch Charmaine gaan saam en hulle verd verduideli­k die situasie met Karmen en hoe Vanessa nie by haar volle positiewe was nie, en pleit by die ma om die klag terug te trek.

HULP DRINGEND NODIG

Vanessa kom op Donderdag 30 Maart huis toe ná die ouerpaar die klag terugtrek. “Sy besef sy moet dringend hulp kry, dus stem sy in om na ’n inrigting te gaan sodat sy met iemand oor die tragedie kan praat,” vertel Ingrid.

In die daaropvolg­ende week, op Maandag 3 April, het Vanessa haar eerste afspraak by ’n sielkundig­e en begin haar hart uitstort en die pad na herstel aandurf.

Maar daar sal ooit afsluiting kan wees as daar nie duidelikhe­id is oor wat met Karmen gebeur het nie? En met min leidrade in die saak is die spoor vinnig besig om dood te loop.

 ??  ?? Vanessa word deur hartseer oorweldig en Xander (bo) moet ingryp wanneer sy vrou in die moeilikhei­d beland. Charmaine kan nie glo wat Vanessa gedoen het nie.
Vanessa word deur hartseer oorweldig en Xander (bo) moet ingryp wanneer sy vrou in die moeilikhei­d beland. Charmaine kan nie glo wat Vanessa gedoen het nie.
 ??  ?? Karmen..
Karmen..
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa