TV Plus (Afrikaans)

Nuwe familiedra­ma

Conrad bereik ’n versadigin­gspunt met At en bedank.

-

Binnelande­rs Weekdae kykNET (*144) 19:30

Daar is altyd storms wat in die weelderige Koster-woning woed, maar ons kan nie sien hoe die verhouding tussen At Koster (Hans Strydom) en sy seun Conrad (Hykie Berg) ooit weer herstel sal kan word met die vetes wat tans tussen die twee aan die gang is nie. At moedig Conrad op Woensdag 29 Maart aan om aansoek te doen vir die pos as hoof van onkologie. “Maar Conrad reken sy pa voer weer iets duisters in die mou – want waar At is, is daar altyd ’n slang in die gras,” vertel Hykie. “Dus is Conrad glad nie geneë om aansoek te doen nie.” Daar is ook ander redes waarom At en Conrad se verhouding ál meer versuur, en dit begin by Conrad se suster Elana (Ilne Nienaber).

OPGEKROPTE WOEDE

Conrad nooi Elana op Maandag 3 April na die Koster-woning om te probeer vrede maak nadat hy in die verlede teen haar getuig het in ’n mediese saak – dit het daartoe gelei dat sy haar mediese lisensie verloor het. “Conrad wil graag hê Elana moet tuis voel in Pretoria en hoop sy en At sal oor die weg kom,” sê Hykie.

Maar dinge loop gou skeef. “At weet Elana het haar mediese lisensie verloor, dus bied hy haar ’n pos as administra­tiewe klerk by die Binneland-kliniek aan. Elana wip haar vir die neerhalend­e gebaar en sê reguit vir At wat sy van sy aanbod dink,” vertel Hykie.

Conrad en At se wederhelf, Jana (Brümilda van Rensburg), is albei ongelukkig oor hoe At Elana behandel het. Jana berispe hom, en Conrad neem sake die volgende dag [Dinsdag 4 April] verder deur dit duidelik aan At te stel hy gaan beslis nie vir die vakante pos aansoek doen nie.

Intussen het niemand anders nie as die ambisieuse dr. Annelize Roux (Cindy Swanepoel) haar oog op die gesogte betrekking, wat At nog meer ontstig, want hy kan Annelize nie verdra nie.

TOEKOMSPLA­NNE

Conrad begin oor sy toekoms besin en dink niks en niemand hou hom meer in Pretoria nie. “Boonop besef hy sy toekomsdro­me vir hom en Pippa [Nadia Valvekens] gaan nie uitwerk nie,” sê Hykie.

Op Donderdag 6 April vertel Conrad vir Louis (Germandt Geldenhuys), At se broer, hy gaan Pretoria verlaat. “Conrad is familievas, maar hy kan nie langer At se verskuilde agendas verduur nie en wil nie meer saam met hom werk nie,” vertel Hykie. “Dis nie vir Conrad belangrik om sy pa as hoof van die Binneland-kliniek op te volg nie. At se nalatenska­p of geld is nie vir hom belangrik nie – Conrad wil net ’n chirurg wees wat kan voortgaan om te opereer.”

Conrad se opstandigh­eid dryf pa en seun verder uitmekaar. “Conrad sê nog dieselfde dag vir sy pa hy is eintlik bly dinge het tussen At en Elana skeefgeloo­p terwyl hy wat Conrad is by was, want dit het hom laat besef hy wil nie meer At se erfgenaam wees nie,” voeg Hykie by.

DESPERATE SPRONGE

In ’n laaste desperate poging om Conrad vir Binneland te behou, gebruik At sy seun se skuldgevoe­lens jeens Elana om hom te probeer beïnvloed om tog vir die onkologiep­os aansoek te doen. At noem aan Conrad as hy die pos kry, kan hy mos vir Elana in ’n profession­ele hoedanighe­id in sy afdeling aanstel. “Maar Conrad lag net en verseker At Elana sal nooit in die Binneland-kliniek werk nie,” sê Hykie.

Dan kom die groot skok: Conrad dien sy bedanking in en At besef hy het sy houvas op sy kroonprins verloor. Die kanse lyk nou skraal dat Conrad in Pretoria gaan aanbly. At voel vir die eerste keer in ’n lang ruk magteloos, want as Conrad uitstap, is hy ook sy opvolger vir sy hospitaal-koninkryk kwyt . . .

 ??  ?? At se vrou, Jana, kry hom voor stok oor sy optrede.
At se vrou, Jana, kry hom voor stok oor sy optrede.
 ??  ?? Conrad oorweeg dit ernstig om Pretoria te verlaat.
Conrad oorweeg dit ernstig om Pretoria te verlaat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa